top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Ons kry heel eerste ’n kruis om te dra
In die tyd van die Nuwe Testament het gelowiges geweet dit is nie ’n ligtelike keuse om Jesus te volg nie. Om Hom te dien het hoë risiko’s ingehou. Mense het geweet Jesus bring ’n swaard van skeiding tussen hulle en hul eie familielede, soos wat Hy sê in Matteus 10. Al was dit nogtans ’n lewensgevaarlike keuse om Hom na te volg, het Jesus nooit Sy oproep aangepas of versag volgens mense se persoonlike omstandighede nie. In Lukas 14 volg Jesus ’n ander roete. Hier sê ons moet
Stephan Joubert
Apr 24, 2023


Kan God iets anders sê as wat Hy in die Bybel sê?
God word gedurig buite konteks aangehaal. Sommige mense dink niks daarvan om sekere frases of verse in die Bybel uit hulle oorspronklike konteks te verwyder en om dit dan te hergebruik, soos wat dit hulleself pasnie. Toe ek dit onlangs gewaag het om vir iemand te sê hy haal God uit verband aan, was sy antwoord dat die Gees hom gelei het om daardie teks só te verstaan. Toe ek waag om van hom te verskil, was ek skielik onwelkom op sy “geestelike” speelveld. Die feit is dat God
Stephan Joubert
Apr 20, 2023


OHIO jou geloof
As ek ’n e-pos oopmaak, beantwoord ek dit daar en dan. As ek beloof het om iets vir iemand te doen, probeer ek dit dadelik doen. Ook probeer ek om enige besluite, wat ek saam met ander mense geneem het, dadelik deur te voer. Anders karring ek maar net weer aan van gesprek tot gesprek, van plek tot plek. Te veel kere in my lewe het ek al kerklike vergaderings, gesprekke en mense, wat die mooiste besluite neem, beleef, maar dan syfer dit leweloos weg in die sand. Almal beplan e
Stephan Joubert
Apr 17, 2023


Hoe duur kos jy die wêreld?
Iemand bereken ’n ruk gelede dat elke Instagram-plasing van die sokkerster, Christiano Ronaldo, ongeveer dieselfde hoeveelheid krag gebruik as 10 huishoudings in Brittanje. Elke plasing van Ronaldo gemik op sy sowat 250 miljoen volgelinge genereer sowat 36 megawatt uur se krag. Praat van supersterre met ’n supergevolg, wat ook supergevolge op die omgewing het … of so-iets!
Stephan Joubert
Apr 13, 2023


Geen “pity party” nie, want Jesus is terug
In Engels praat mense soms van ’n “pity party”. Dit gebeur wanneer jy jouself eindeloos jammer kry. Dit gebeur wanneer jy begin glo niemand se lot is so swaar soos joune nie. Dit gebeur wanneer jy voel niemand kry jou jammer genoeg, terwyl jyself in jammerkry-laagte vasgeval het nie. Presies so-iets gebeur met die dissipels daardie eerste Sondagaand na Jesus se kruisiging. Hulle eerste “aanddiens” het maar droewig afgeskop, soos wat Johannes 20:19-24 vir ons vertel. Hulle het
Stephan Joubert
Apr 10, 2023


Hardkoppigheid is nie ’n deug nie
Jare gelede gaan kuier ek by ’n vriend in die hospitaal. Daar vertel hy my toe hoe die persoon in die bed langs hom pas op sy krukke buitekant toe gestrompel het om daar te gaan rook. Dit was kort nadat ’n deel van sy been afgesit is as gevolg van gangreen, wat veroorsaak is deur sy rookgewoontes. Daardie ou was dus letterlik besig om sy liggaam op te rook. Nogtans het hy hardkoppig hiermee volhard.
Stephan Joubert
Apr 6, 2023


Die kruis is nie ‘n vroom fotosessie nie
Selfies saam met bekendes is gewild. Almal wil graag foto’s saam met hulle helde hê. Nog altyd wil mense in die teenwoordigheid van bekendes gesien word. In die era voor kameras was dit ook die geval. Gaan kyk maar na baie skilderye van Jesus se kruisiging deur die eeue, dan sien jy hoeveel mense het hulleself laat inverf in tonele van Sy kruisiging. Koninklikes en magshebbers het gedurig rondom Hom by Sy kruisiginggestaan. In vandag se taal sou ons sulke skilderye die selfie
Stephan Joubert
Apr 3, 2023


Vol van jouself of vol van die Here?
Tydens ’n staatsbesoek aan Moskou ’n paar jaar gelede het die goue roltrap van die koning van Saudi-Arabië se vliegtuig skielik onklaar geraak. Ja, jy het reg gelees. Sy vliegtuig het ’n ingeboude roltrap. Toe moes die arme koning op eie stoom verder teen die trappe afstap. Dit was glo ’n groot publieke verleentheid vir al sy amptenare. Genadiglik is so ’n goue-roltrap-lewe darem nie alle vername mense se lot nie. Dink maar aan die oud-Amerikaanse president, Jimmy Carter, wie
Stephan Joubert
Mar 30, 2023


Vanaf verveeld tot gelowig
Die strokieskat, Garfield, is bekend vir al sy spitsvondighede. In een strokie sê sy eienaar, Jon Arbuckle, hyself is met sy lewe verveeld. Dan dink Garfield hy is ook verveeld met Jon se lewe! Verveeldheid is volop. Amper niemand kan meer vir vyf minute lank net stilsit sonder om hulle selfone te gryp en iets op sosiale media te soek om hulle verveeldheid aan te spreek nie. Verveeldheid tref selfs al vir jong kindertjies, wat gedurig met hul selfone sit en speel aan etenstaf
Stephan Joubert
Mar 27, 2023


Vertrou die Here ook met jou slaap
Wie van ons het nie al vir ’n paar oomblikke ingesluimer tydens ’n lesing, ’n opvoering, of ’n fliek nie? Of dalk tydens ’n kerkdiens? Maar dit kos moed om te doen wat die skaakkampioen van die wêreld, Magnus Carlsen, gedoen het. In 2014, tydens ‘n skaakwedstryd teen Viswanathan Anand om die wêreldkroon, het hyself ’n vinnige uiltjie geknip. Fotos en video’s hiervan het wêreldwyd opslae gemaak.
Stephan Joubert
Mar 23, 2023


Vanaf geraasbesoedeling tot musiek vir ander se ore
Almal praat deesdae oor lugbesoedeling en waterbesoedeling. Onlangs het ek ’n vreemde ander vorm van besoedeling beleef. Dit was naamlik toe iemand in ’n ry voor my by die lughawe homself vervies het vir ‘n personeellid, wat blykbaar te hard met haar kollega gesels het. Kliphard het hy vir haar verduidelik sy pleeg geraasbesoedeling, of “noise pollution”, soos wat hy dit in Engels genoem het. Bygesê, ons almal was verstom oor die man se klipharde vermaning. “Van geraas tot ge
Stephan Joubert
Mar 20, 2023


Vlug reg as jy die slag moet!
“Ek het niks om weg te steek nie,” sê iemand in ’n film. “Jy is gelukkig,” antwoord iemand anders, “want almal steek iewers ’n paar geheime weg.” Dit het my herinner aan ’n verhaal, wat op 16 Junie 1901 in die Washington Post verskyn het. George D. Aldrich het hier ’n storie gedeel wat hy by Arthur Conan Doyle gehoor het. Conan Doyle het een keer vir sy vriende gesê almal het teen ouderdom 40 'n geraamte in die kas. Toe besluit hulle om hierdie stelling te toets. Hulle het 'n
Stephan Joubert
Mar 16, 2023


Die bokshandskoene vir die hemelse bokskryt is weggepak
“God het die verkeerde persoon uitgesoek vir ’n geveg met Homself.” Dit het iemand op sosiale media kwytgeraak, toe hy vir God aangevat het. Die meeste mense, wat sulke mondgevegte met die Here aanknoop, ken Hom nie regtig nie. Hulle veg teen ’n karikatuur. Sulke veglustiges beskou God as ’n tipe “Bruce Almighty”, soos wat Hy uitgebeeld word in die 2003 film met dieselfde naam. In hierdie film, waarin Jim Carrey en Morgan Freeman die hoofrolle speel, word God juis voorgestel
Stephan Joubert
Mar 13, 2023


Doen partykeer niks nie
“Doen net iets!” Jy hoor dit gereeld. Om niks te doen nie, is vir baie mense sinoniem met lui wees. Of met die ontduiking van verantwoordelikhede. Nogtans is niksdoen partykeer die regte opsie. Partykeer moet jy eers die kat uit die boom kyk, voordat jy enigiets doen. Jou dade het dikwels onvoorsiene gevolge. Soms draai goedbedoelde dade sleg uit. Hoe lui daardie Engelse gesegde nou weer: “No good deed goes unpunished.”
Stephan Joubert
Mar 9, 2023


Op hartverloor se vlakte
Partykeer verloor mense hulle harte, terwyl hulle nog leef. Dan word hulle harteloos hard en wreed. Presies dit het gebeur met die berugte Russiese leier, Josef Stalin (1878-1953). Daar word vertel hoedat hy by sy eerste vrou, Ekaterina, se begrafnis in 1907 gesê het sy was die enigste persoon, wat sy hart sag gemaak het. Met haar dood het sy laaste gevoelens van medelye gesterf. Van toe af het hy verander in ’n hartelose leier wat ook miljoene van sy eie mense doodgemaak het
Stephan Joubert
Mar 6, 2023


Oppas vir daardie rooi knoppie in jou lewe
Het jy ook ‘n rooi knoppie in jou kop? Ek praat van daardie denkbeeldige rooi knoppie wat jou laat ontplof van woede, wanneer dit gedruk word? Daardie rooi knoppie gaan soms af as mense op jou senuwees werk. Of as hulle krap waar dit nie jeuk nie. As jy sommer vinnig aan ’n paar mense en situasies kan dink wat jou eie temperatuur in sulke rooi knoppiesones injaag, dan weet jy jy kort meer geduld.
Stephan Joubert
Mar 2, 2023


Moenie maklik praat nie
“Dis maklik vir jou om te praat …” Hierdie refrein is altyd gewild. In ’n stukkende wêreld, waar mense hulleself graag in terme van hulle eie tekorte en hulle eie benadeeldheid verstaan, is dit nie vreemd dat iemand, wat opbouend praat, gou-gou uitgehaal word nie. “Dis maklik vir jou om dit of dat te sê, maar jy staan nie in my skoene nie!” Dit hoor jy soms as jy vir iemand sê om moed te hou. Of wanneer jy vir mense sê hulle moenie toelaat dat moeilike omstandighede hulle ond
Stephan Joubert
Feb 27, 2023


Sien die groot “Ander” in ander raak
“Each is responsible for each, and I more so than all the others.” Hierdie woorde van die Russiese skrywer, Fyodor Dostoevsky, het vasgesteek in die hart van die denker, Emmanuel Levinas. Na die Tweede Wêreldoorlog het Levinas in Europa vir sy filosofie van “die Ander” bekend geword. Mense se andersheid en kosbaarheid word volgens hom sigbaar in gesig-tot-gesig interaksies. As ons mense met deernis raaksien en behandel, verander hulle kosbare ander.
Stephan Joubert
Feb 23, 2023


Hoop vat voor!
“Where did you go to my darling?” Die skryfster Maria Popova vertel in ’n oorsese rubriek dit was haar ouma se vraag aan haar oupa net nadat hy sy laaste asem uitgeblaas het. Syself worstel ook met hierdie vraag. Sy wonder hoe dit moet wees om in daardie oomblikke net te verdamp tot pure nikswees, tot “stardust”. Ons almal is volgens haar immers net ’n massa atome, wat lewe vir ’n kort tydjie hier op aarde deur ’n onpersoonlike heelal gegun is. Nadoods hersirkuleer al ons ato
Stephan Joubert
Feb 20, 2023


Vreugde is God se lewenstou
Die digter en skrywer, Herman Hesse, het te midde van al die wreedhede van die eerste wêreldoorlog gepraat van klein daaglikse vreugdes, wat gedien het as sy papierdun lewenstou. Jane Hirshfield het ook hierdie dun lewenstou van vreugde geken. Klein stukkies vreugde het haar lewenskaal laat klop. Sy beskryf dit as volg in haar gedig “The Weighing:”
Stephan Joubert
Feb 16, 2023


Eregaste by vandag
In een toneel in Alice in Wonderland daag Alice op by die Mad Hatter se teepartytjie. Sy hoor dan dit is ‘n “very merry unbirthday party.” Almal wat nie verjaar op daardie dag nie, is genooides! Toe die Mad Hatter uitvind dit is ook Alice se “unbirthday”, sê hy dadelik vir haar dat dit darem ‘n baie klein wêreld is, want dit is ook sy “unbirthday”. Toe vier hulle al te lekker fees.
Stephan Joubert
Feb 13, 2023
bottom of page
