Word ‘n kind
top of page

Word ‘n kind


Lees Matteus 18:4


Vele wyshede kom uit onskuldige kindermonde, nie waar nie? Miskien moet ons meermale na hulle luister. Nee, miskien moet ons ook self weer egte kinderharte kry, soos wat Jesus in Matteus 18 van ons vra. Kinders is waagmoedig, onskuldig, gelowig, leergierig, nuuskierig en avontuurlustig. Elke dag sit die lewe ‘n groot sak vol nuwe opwindende uitdagings voor hulle lewensdeur neer. Ons as grootmense daarenteen, is egter al so voorspelbaar, vervelig en geroetineerd as wat kan kom. Ons avontuurlustigheid en lewenslus is lankal reeds deur die harde grootmenswêreld in en rondom ons gesteel. Ons lewens het net te geyk geraak.


Kom ons neem vandag dan Jesus se uitnodiging ernstig op en word weer kinders. Onthou, Hy sê ook dat die koninkryk van God net vir sulkes bedoel is. Die Gees se nuutmakende werk wil ons juis kleiner en minder vol van onsself maak. Hy wil ons kinderlik laat buig voor ons Hemelse Vader as ons enigste Heer. Die Gees maak ons lief vir God en lojaal aan Hom. Hy dryf ons keer op keer in ons Vader se oop arms in. Die band van liefde, wat die Gees in ons werk teenoor God, kan nie in woorde uitgedruk word nie. Dis ‘n diep fontein van liefde, wat gedurig in ons opborrel en oorvloei in ‘n nederige, liefdevolle band met God.


Gebed:

Laat my weer ‘n kind word in U teenwoordigheid, Here Jesus. Amen.

© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page