Wees bly! In alle omstandighede?
top of page

Wees bly! In alle omstandighede?


Alet Gardner skryf in haar nuutste artikel wat ons by Jesus kan leer oor geluk in alle omstandighede.
Wees bly! In alle omstandighede?

Ons kinders het die foto-geleentheid grappie ontwikkel waar die fotograaf sê: “Lyk bly!” in plaas van die gewone “Say cheese!”. As ek ordentlik wil wees kan ek meeste van die tyd probeer bly lyk, maar die Here leer vir ons om bly te wéés, en dit nie net wanneer dit goed gaan nie, maar in alle omstandighede! Dit neem my persoonlik ‘n hele leeftyd om te leer om dit reg te kry.


In die eerste instansie moes ek ontdek dat ek nie moet bly wees oor (of as gevolg van) die omstandighede nie, maar juis omdat ek weet dat my Here in sy Woord belowe dat Hy my nooit sal begewe of in die steek laat nie (Hebreërs 13:5b) Ek kan bly wees oor die belofte van ‘n komende Messias wat waar geword het, saam met engele bly wees oor sy geboorte, oor sy gebed vir my in die tuin van Getsemane, dankbaar oor sy dood aan die kruis, verheug oor Sy opstanding en hemelvaart en veral oor die feit dat ek ‘n Hoëpriester het wat vir my intree by die Vader, ‘n Bruidegom wat daarna uitsien om my te kom haal.


Dit is juis hierdie Messias wat vir sy volgelinge gesê het: “Peace I leave with you; My [own] peace I now give and bequeath to you. Not as the world gives do I give to you. Do not let your hearts be troubled, neither let them be afraid. [Stop allowing yourselves to be agitated and disturbed; and do not permit yourselves to be fearful and intimidated and cowardly and unsettled.]” (Amplified Bible, Classic Edition)


Ons leefwêreld is onderstebo, ons bevind ons in ongekarteerde waters met die Covid-19 pandemie. As Christen kan ek ‘n verskil maak deur die frustrasies en irritasies van hierdie tyd van inperking met hierdie vrede en blydskap te hanteer. Ek kan kies om my huismense se tekortkominge en foute met liefdevolle verdraagsaamheid óf oor te sien óf met liefdevolle respek aan te spreek. Ek kan kies om die Heilige Gees te vertrou om in beheer van my lewe te wees sodat ek die vrug van o.a. blydskap (Galasiërs 5:22-23) kan indra in my huis waar spanning en irritasie mag dreig om die oorhand te kry. “Wees altyd bly!“ (1 Tessalonisense 5:16, 1983 Vertaling)

© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page