top of page
Writer's pictureStephan Joubert

Krag!


Lees Efesiërs 1:19

 

Paulus vertel in Efesiërs 1:19 dat God met dieselfde krag in ons lewens werk as waarmee Hy vir Christus uit die dood opgewek het. Praat van superkrag! Van ons kant af moet ons aan Hom vrye toegang tot elke vertrek in ons lewe gee. Deur die kragtige werk van die Gees sal God die res doen. Ons mag nie op eie stoom probeer bou aan die Gees se tempel nie. Wanneer ons self aan die stuur van sake in ons eie lewe staan, vorm dik lae sonde soos klipharde sement oor die fyn bouwerk van die Gees. Wanneer ons nie erns maak met God se Woord nie, of ons gebedslewe verwaarloos, of nalaat om vir Hom te lewe, word ons harte kliphard sodat die Heilige Gees baie tyd moet spandeer om hierdie sondelae uit te kap.

 

Ons mag nooit agter flou verskonings wegkruip, soos “ek is ‘n arme sondaar” nie, want die Gees stel ons regtig in staat om te doen wat God van ons vra. Sy bonatuurlike krag is ook in ons aan die werk. Hy skryf God se wil in ons elkeen, wat Jesus as Here ken, se harte oor. Ons moet dit maar net begin doen, want ons kan God se wil nou met oorgawe doen! Hoor weer: Alle Christene KAN die wil van God nou doen! Die Bybel sê so.

 

Gebed:

Maak my ‘n oop kanaal vir U spesiale krag, Gees! Amen.

Comments


bottom of page