Wanneer ek ongeliefd voel
top of page

Wanneer ek ongeliefd voel



“The biggest disease the world suffers from in this day and age is the disease of people feeling unloved.” – Princess Diana

Op een of ander stadium kry byna almal van ons met hierdie gevoelens van verwerping te doen. Voel ons ongeliefd, onbelangrik, nie goed genoeg nie en eensaam.


Lea in die Bybel moes die grootste deel van haar lewe liefdeloosheid en verwerping hanteer.  Ons lees in Genesis 29 hoe sy Jakob se vrou word, nie omdat hy haar so lief het en graag met haar wou trou nie – nee, sy word sy vrou a.g.v. haar pa se bedrog. Rachel, haar suster, was Jakob se eerste liefde en hy het 7 jaar gewerk om met haar te kon trou. Op sy huweliksnag word Lea egter vir hom gegee i.p.v. Rachel.


In al hierdie gebeure het Lea geen sê gehad nie. Hoe sy moes voel, sê die Bybel nie veel nie. Wat ons kan aflei was dat sy in ‘n bitter stryd met haar suster was vir Jakob se liefde. Dat sy ongeliefd en onbemind gevoel het. Die name wat sy haar seuns gee is aanduiding daarvan: Simeon ("God het gehoor dat ek nie liefde ontvang nie"), die derde Levi ("nou sal my man by my wees").


Ek is dalk nie soos Lea in ‘n ongelukkige huwelik nie. Tog maak die omstandighede waarin ek my bevind, dat ek voel niemand vir my lief is, my waardeer nie en dit maak seer.


Ons almal het nodig om daagliks herinner te word aan ons Hemelse Vader se liefde vir ons en nog meer so wanneer ons ongeliefd en onbemind voel. As ek gereeld tyd afstaan om die diep waarhede van die Bybel te ontdek, ontdek ek ook dat my waarde in Christus vasgemessel is. Ervaar ek dat sy Gees my krag, vrede én ‘n wete dat Hy my liefhet, gee. Dat ek aan Hom behoort.( Ek het jou liefgehad nog voordat jy gebore is. (Ps 139:13). “Berge kan padgee, heuwels kan wankel, maar my liefde vir jou sal nooit verdwyn nie,(Jesaja 54:10).


Lea se verhaal wys daarop dat God ons raaksien selfs wanneer ander nie. “Toe die Here sien dat Jakob nie vir Lea liefhet nie, het die Here vir haar kinders gegee, terwyl Ragel kinderloos gebly het” (Gen 29:31 AFR83). Hy het haar gesëen met baie kinders en die Messias is uit haar nageslag gebore.

Wat ookal my omstandighede is, ek kan verseker wees dat Jesus my liefhet en wil hê ek dat Syne sal wees. Hy wil hê ek moet weet hoeveel Hy my liefhet. Hy sê vir my en jou: “Jy is myne”. (Jes 43:1b AFR83)








bottom of page