Die Bybel sing nie “Que sera sera, whatever will be, will be” nie
top of page

Die Bybel sing nie “Que sera sera, whatever will be, will be” nie


Die Bybel sing nie klakkeloos agterna, wanneer mense sing: “Que sera sera, whatever will be, will be” nie. Dit sou impliseer dat God die gevangene van Sy eie planne is, planne, wat boonop dan in onveranderlike sement gegiet sou wees. Dit sou ook impliseer dat mense Sy willose marionette is. Diegene wat só oor God dink, projekteer eintlik net stokou idees uit die Grieks-Romeinse mitologie en noodlotsdenke op Hom.


Ja, die Bybel weet God is die Almagtige – daar is geen twyfel hieroor nie! Ja, Hy heers soewerein oor hemel en aarde, maar Sy wil is nou in Christus geanker. Om in Christus te glo, is om deel van God se wil en plan te wees. Dit leer Jesus self in Johannes 6:38-40. Daarom is die krities belangrike vraag van die Nuwe Testament: “Kan enigiets ons skei van die liefde van God?” Hierop antwoord tekste, soos Romeine 8:31-39, hardop nee. Nog lewe, nog dood kan God se mense ooit uit Sy hand ruk. Om dit te verstaan, is om te verskuif na ’n nuwe verstaan en na ’n lewende belewenis van God en Sy wil. Dan is Sy raadsplan nie meer ’n raaisel, wat niemand ooit kan verstaan nie. Of ’n noodlottige “Que sera sera, whatever will be, will be”-liedjie nie. Die Bybel sing dit in elk geval nooit agterna nie.

bottom of page