Vergifnis ontgiftig jou
top of page

Vergifnis ontgiftig jou


Die woord vergifnis kom slegs maklik oor jou eie lippe as jy niemand het om te vergeef nie. Maar as iemand jou ingedoen het, sit vergifnis skielik nie meer so maklik aan jou lyf nie. Om nie eens te praat van hoe moeilik dit is as jyself onder iets soos ’n sinnelose misdaad deurgeloop het nie. Of as jy geldelik ingedoen is deur iemand anders nie. Dan voel jy soos wat Clint Eastwood in ’n fliek gesê het: “God forgives, I don’t.”


Hoe groter die onreg is wat jy gely het, hoe moeiliker is dit om te vergeef. Maar op die ou end is vergifnis dieenigste gesonde ontsnappingsroete uit die tronk van bitterheid. Dit is al roete wat jou regtig ontgiftig. Hierdie moeisame pad van vergifnis is deur Jesus vir ons voorgeleef toe Hy op aarde was. Tot aan die kruis het Hy vergifnis bewys aan Sy spotters en moordenaars. Sulke vergifnis veroorsaak nie dat alles skielik weer reg is of dat alles oor en vergete is nie. Maar dit deurbreek daardie eindelose spiraal van pyn en woede. Laat Christus jou leer hoe om te vergewe. Laat Hy jou stelselmatig vrymaak van die gif van bitterheid.

bottom of page