Uitdagend
top of page

Uitdagend


Lees Lukas 14:26


Te veel slim geleerdes probeer in ons dag verduidelik hoekom Jesus nie alles bedoel het wat die evangelieskrywers in Sy mond sou geplaas het nie. Hulle beweer ook dat Hy nie al die wonders kon gedoen het, wat Hy wel gedoen het nie. Dalk is dit verstaanbaar dat mense so kleingelowig jeens Hom reageer. Jesus is immers radikaal, maar die meeste van ons is gematigd. Die meeste godsdienstiges wil graag soos die gemiddelde man op straat wees. Die resultaat? Middelmatigheid, wat anders?


Jesus was nie net radikaal wat sekere dinge betref nie - Sy ganse lewe op aarde was anders. Vir Hom is agter in die ry die nuwe voor en klein die nuwe groot. In Jesus se oë is armes die nuwe eregaste by God. Kinders is nou ook die belangrikste en uitgeworpenes en sondaars die mense binne God se genadevisier. Vir Jesus moes die dood met nuwe lewe vervang word, siekte met genesing en die Bose met God se verlossende teenwoordigheid. Hoe radikaal is jy in jou navolging van Hom? Wat verhinder jou om vanaf die gemiddelde persoon op straat te verander in die nie-gemiddelde navolger van Christus? Sy Gees is immers aan jou gegee, in oorvloed! Die Here het die wind en vuur van Pinkster ook oor jou laat waai en in jou laat brand. Jy het daarom geen geldige verskoning om nie vlam te vat nie.


Gebed:

Maak my hart brandende vir U, Jesus. Amen.

© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page