Gee weg
top of page

Gee weg


Lees Deuteronomium 24:21


Wat my aangryp wat God se voorskrifte rakende sorg vir die armes betref, is dat dit ‘n doodnormale deel van ons lewe moet uitmaak. Mense moet selfs gehelp word as daar geplant en geoes word. Anders is vervulling met die Gees maar net kerktaal, wat Sondae in werklikheidsvreemde byeenkomste tuis hoort en liefs daar agtergelaat moet word. Daarom moet ons sorg dat ons geld daagliks ook in diens van God is en nie net Sondae as die kollektebordjie by ons verbykom nie.

Van geld gepraat - daar is meer 950 biljoenêrs in die wêreld is. Hulle rykdom neem net toe by die dag. Die Londense Sunday Times berig dat die top 1000 rykste mense in Brittanje se bates doer in 2007 reeds met 59 biljoen pond in een jaar gestyg het. Nee, rykdom is nie per se die probleem nie, maar as mense ryker word sonder om noodlydendes te help, dan skree dit ten hemele. Navorsing vertel dat net 19 biljoen dollar jaarliks nodig is om wanvoeding in die wêreld uit te wis, 12 biljoen dollar om aan elke kind onderrig te verskaf en 15 biljoen dollar om skoon water te verskaf. Ons elkeen moet ‘n verskil begin maak. As ons nie honderde kan help nie, wat dan van een? Want God se hart breek oor elkeen in nood, insluitend diegene, wat niks het om te eet nie én diegene wat nie harte oor het vir mense in nood nie.



Gebed:

Gee, Here, dat ek my beursie vandag in U diens sal stel as bewys van my Geesvervuldheid. Amen.

bottom of page