Tot aan die kruis toe getrou
top of page

Tot aan die kruis toe getrou


Die enigste beperking op die wreedheid van enige kruisiging was afhanklik van die gemoedstoestand van die Romeinse offisier, wat op daardie spesifieke dag aan diens was. Die minimum vereiste was egter dat kruisigings so wreed as moontlik moes wees. Dit moes ’n bloeddorstige skouspel wees wat die toeskouers met skok en afgryse moes vervul. Die eerste-eeuse Romeinse filosoof, Seneca, het kruisigings as die wreedste moontlike vorm van teregstelling beskou. Dit was barbaars. Jesus se kruis was dus glad nie so bloedloos soos wat kunswerke deur die loop van geskiedenis ons probeer wysmaak het nie, nie eens naastenby nie. Hy is wreed mishandel en bloeddorstig aan die kruis vermoor. Gelukkig kon die dood Hom nie gevange hou nie, want Hy is God!


Wanneer Jesus op Paasvrydag aan ’n houtkruis buitekant Jerusalem hang, is dit ’n toneel, wat die omstanders na hulle asem laat snak. Nogtans is Jesus tot in die dood aan Homself getrou. In Sy sterwensoomblikke bid Hy steeds dat God Sy vyande sal vergewe, want hulle weet nie wat hulle doen nie (Lukas 23:34). Kom ons buig in hierdie dae in heilige eerbied voor ons Heer, wat dit alles ter wille van ons verduur het. Kom ons bely ons eie gemaksug en halfhartigheid om Hom met oorgawe te dien, terwyl Hy ons met Sy hele lewe kom dien het.

© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page