Vanaf ’n probleemgeval tot ‘n goeie oplossing
top of page

Vanaf ’n probleemgeval tot ‘n goeie oplossing


Probleemgevalle moet uitgesorteer word. Moeilikheidmakers moet uitgesorteer word. Presies dit gebeur met Josef in Genesis 39. Hy word in die tronk gegooi, na Potifar se vrou se vals beskuldigings teen hom. Vir meer as ’n dekade word Josef hier as onskuldige gevange gehou. Maar selfs in die tronk laat die Here hom nie in die steek nie. Hier is die Here by Josef. Dit maak die wêreld se verskil.


Josef se wysheid en sy getrouheid aan die Here in die tronk maak dat hy uiteindelik vrygelaat word. In een oomblik verskuif hy vanaf ’n gevangene na die onderleier van Egipte. Praat van ’n probleemgeval, wat in ’n goeie oplossing verander het! Josef kies dan om hom nie te wreek op sy familie of al die Egiptenare, wat hom so onregverdig behandel het nie. Inteendeel, Josef gebruik sy mag kreatief om Egipte te red van ’n gewisse hongerdood deur genoeg kos voor die tyd op te gaar. So verander Josef in God se eenmanweermag. Vanaf die tronk tot in ’n koninklike hof word hy ‘n lewende seën vir almal rondom hom. Die Here se teenwoordigheid maak hierdie verskil. God se nabyheid verander probleemgevalle in lewende oplossings. Leer hierdie les by Josef. Leef naby aan die Here. Dan is jy weldra ook ’n lewende seën vir ander rondom jou.

bottom of page