Tevredenheid, ook in die swaar tye
top of page

Tevredenheid, ook in die swaar tye


Alet Gardner skryf in haar nuutste artikel oor tevredenheid, ook in die swaar tye
Tevredenheid, ook in die swaar tye

N.a.v. ‘n artikel in Premier Christianity: The art of catching contentment – Liz Carter


Vanaf haar vroegste kinderjare het Liz Carter herhaaldelik longinfeksies gehad en is uiteindelik gediagnoseer met ‘n seldsame, degeneratiewe longsiekte. Self ‘n Christen en met toegewyde Christenouers, het sy gesmag na genesing en daarvoor gebid. Die Here het haar egter nie aangeraak nie. Sy vertel:

“I became more confident in my own uselessness than in God’s love and purpose for me, despite my longstanding Christian faith.”

Maar, terwyl sy geestelik gegroei het, het sy ontdek dat daar rykdom in ‘n verhouding met God is, ten spyte van die pyn. Veral Paulus se woorde in Filippense 4:12-13 het vir haar ‘n dieper betekenis van tevredenheid gegee:

“I have learned the secret to being content in any and every situation whether well fed or hungry, whether living in plenty or in want.”

Die probleem is dat die wêreld se mentaliteit van geregtig op iets wees, ook deursuur na die Christen wat smag na verligting van pyn en ongerief. Wanneer God ons nie gemakliker en gesonder maak nie, begin ons geloof faal.

“Over years of seeking a biblical perspective on the issue of suffering and the nature of contentment, it became apparent to me that a deeper truth is at play here: that rather than contentment being a gift for those with rose-tinted lives, it is available to all in spite of, and undeterred by, brokenness.” ‘n Mens kan dit beskryf as ‘n “upside-down kingdom and treasure in the darkest places”.

Oorwinning in ons donker, swaar tye gaan nie net daaroor om te leer om tevrede te wees nie, maar om daagliks te kies tussen bitterheid en tevredenheid – ‘n aktiewe “catching contentment”, soos om ons hande uit te steek en ‘n bal te vang of om daardie mooi skoenlapper met ‘n net te jaag en te vang.

Liz vertel:

“In my experience, the more we hold out our hands, the more we take hold of the indescribable peace and inexpressible joy Jesus brings to us, even within our lived experience of darkness.”

God het ons lief en Hy het deur Jesus vir ons bewys hoe Hy bereid is om saam met ons in ons donker dieptes te stap. Sy liefde strek waarlik wyer en verder en hoër en dieper as wat ons kan droom. (Efesiërs 3:18)

Liz se boek oor hierdie “reis” van haar is dan ook getitel “The art of catching contentment”.


bottom of page