Terminator en die regte siening van ons spesie
top of page

Terminator en die regte siening van ons spesie


Daar is een toneel in die destydse fliek, Terminator 2: Judgment Day, wat die aanvanklike omstandighede van die mens baie oortuigend aandui. Die Terminator-flieks is natuurlik postapokaliptiese prente met donker temas van toekomstige vernietiging, met die vae hoop op moontlike redding. In die relevante toneel is die hoofkarakter, ‘n vyftienjarige seun, John Connor, en ‘n Terminator aan die gesels oor die toekoms van die menslike spesie. Die Terminator was ‘n uiters gesofistikeerde robot uit die toekoms, wat homself effektief as ‘n mens kon voordoen. Hierdie rol is vertolk deur Arnold Schwarzenegger. Hy is uit die toekoms gestuur om John Connor op te pas en teen ‘n ander Terminator te beskerm, wat geprogrammeer is om John dood te maak. Omdat hierdie masjien uit die toekoms gekom het en ten minste dertig jaar in die toekoms kon inkyk, het John Hom uitgevra oor allerhande dinge aangaande die oorlewing van die menslike spesie uitgevra.


Terwyl hulle aan die gesels was, het John gekyk hoe twee ander seuntjies oor ‘n speelding baklei. Dit het hom weer laat wonder of die mens nie op algehele vernieting afstuur nie. Hy het gedink hoe verdorwe die mens eintlik is en hoe selfgesentreerd ons optree. Hy het die Terminator gevra:

We’re not gonna make it, are we? People, I mean.

Hierop antwoord die Terminator:

It’s in your nature to destroy yourselves.

Ja, dis waar. Dis wat die Bybel ons leer. Dit sou goed wees as meer mense dit net wil besef en dieper wil nadink oor hulle eie keuses en lewensbesluite. Selfs verskeie sosiologiese en sielkundige studies dui daarop dat ons nie die vermoë het om besluite te neem wat ons gelukkig maak nie. Die Bybel is duidelik daaroor dat indien die mens aan homself oorgelaat word, hy homself sal vernietig. Kyk maar net na die ganse geskiedenis. Hierdie gewaarwording moet veroorsaak dat ons baie nederiger oor onsself moet wees en moet nadink oor hoe ons saam met ander lewe.


Gelukkig is dit egter nie al wat die Bybel ons leer nie. Die Goeie Nuus van Jesus leer ons dat ons nie aan onsself oorgelaat word nie. God gee om en Hy het kom ingryp in die lewens van mense. Hy het kom deel word van ons donker geskiedenis, ons sonde op Homself geneem en ons ‘n nuwe visie van God kom gee sodat ons ‘n toekoms het en ons in die lig kan leef te midde van die donker. Ja, ons sál onsself vernietig. Dis belangrik dat ons onsself elke dag daaraan herinner. Wanneer ons in nederigheid aan Jesus vashou, sal ons dit maak, al lyk dit hoe donker. Dan kan ons met vreugde dans en bly wees. God red ons van onsself!


Die Goeie Nuus is dus: Ons gaan dit maak!


Of soos Kristian Stanfill sing:

You're gonna make it out alive
You're gonna make it out alive
You're gonna reach the other side!
bottom of page