Staan op vir dit waarin jy glo
top of page

Staan op vir dit waarin jy glo


Marietjie Joubert skryf in haar nuwe My Lewe nuusbrief hoe dit sal lyk as ons opstaan vir ons geloof.
Staan op vir dit waarin jy glo

Ons samelewing is baie ingestel op ander mense se opinies. Soms is ons geneig om ons lewens daarvolgens in te rig. Ons jongmense van vandag word ook aan geweldige druk blootgestel. Dit op sy eie is nie altyd maklik nie. Mense verwag van jou om saam met hulle te stem. Menige vriendskap sal beswyk as mense meer eerlik met mekaar is en weier om met iets saam te stem, wat teen hulle grein ingaan. Ons kan mekaar so ter wille wees!


Koning Nebukadnesar het ‘n goue beeld vir homself laat maak. Hy het sy mense beveel om die beeld te aanbid. Daniël en sy drie vriende, Sadrag, Mesag en Abednego het geweier om aan die versoek te voldoen. Die koning beveel toe dat hulle in ‘n brandende vuuroond gegooi word. Selfs nadat hulle die oond sewe keer warmer gemaak het as gewoonlik, stap die drie manne ongedeerd daar uit. Nebukadnesar was so verstom hieroor dat hy ‘n wet uitgevaardig het dat niemand die lewende God mag beledig of minag nie.


Hierdie manne was bereid om op te staan vir die waarheid. Hulle het nie opgehou glo, omdat hulle lewens bedreig was nie, nee, hulle het bly glo en gestaan vir dit wat reg is. Die waarheid was vir hulle belangriker as hulle eie lewens.


Vir watter waarheid staan jy? Dié van jou vriende of jou werkplek? Wat is vir jou belangriker, jou vriende se opinie of dat God jou hart in elke situasie ken? Is jy bereid om standpunt in te neem teen jou vriende vír God se waarheid?


Hierdie drie mans het bely dat hulle glo en nie een graad daarvan afgewyk nie. Hulle geloof en God se waarheid was hulle lewe en prioriteit. Nie die koning of die vuuroond kon hulle daarvan laat afwyk nie.

Vandag inspireer hierdie verhaal my elke keer as ek dit lees. Hulle volharding van geloof en hulle eerlikheid voor die Here inspireer my om weer opnuut elke dag eerlik te lewe voor die Here. Dit maak my opgewonde oor my eie geloof dat ek in elke situasie God se belydenis op my lippe sal laat weergalm. Ek sal my nie skaam oor Sy naam nie. Ek kan hierdie voorbeeld van Daniël en sy vriende volg met die wete dat God in elke situasie by my is en my sal lei in Sy waarheid. Hy sal my nooit los nie.

Laat God se Naam, eer en Sy belydenis daagliks op jou lippe wees, al staan jy alleen. Hy sal jou metgesel wees.

© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page