God bederf ons met vriendskap
top of page

God bederf ons met vriendskap


Elmarie van der Westhuizen skryf in haar nuutste artikel vir ekerk oor God wat ons bederf met vriendskap.
God bederf ons met vriendskap

Christ, who said to the disciples, "Ye have not chosen me, but I have chosen you," can truly say to every group of Christian friends, "Ye have not chosen one another but I have chosen you for one another." Friendship is not a reward for our discriminating and good taste in finding one another out. It is the instrument by which God reveals to each of us the beauties of others.’ (C.S. Lewis, The Four Loves)


God bederf ons met die gawe van vriendskap, soos hy gedoen het met Dawid en Jonathan. Jonathan se vriendskap was wat Dawid op daardie stadium van sy lewe nodig gehad het – iemand wat vir hom lief was en in hom geglo het. Hierdie spesiale vriendskap het Dawid gehelp om te ontwikkel in die koning en leier, wat hy later was. Dit het egter beteken dat Jonathan sy eie ambisie om koning te word, moes opoffer. (1 Samuel 18)


God plaas spesifieke mense in ons lewe, omdat Hy weet dat ons mekaar nodig sal hê. In volwasse Christenvriendskappe kan ek my kwesbaarheid wys, weerloos en broos wees en toe-oë op hierdie vriende vertrou. Ek kan my vrese, stiltes, alleenheid, drome, gestoeiery, ens. met hulle deel en weet dat ek veilig is en dat hulle in my beste belang sal optree. My diepste geheime is veilig by hulle.


Selfs afstand kan dit nie keer of afwater nie, want openheid, vertroue en liefde laat hierdie vriendskap groei en hegter word as ons die tye van saamwees onthou. Wanneer ons mekaar dan weer sien, tel ons net die drade op waar dit die vorige keer gelaat is.


Enige vriendskap kan vertroos en bemoedig, maar dit neem ‘n Christenvriend om jou aan te moedig om jou vertroue weer in God te plaas en op Sy goedheid te fokus. Om mekaar te herinner aan God se voorsiening en wysheid, is versterkend vir albei.


God het 'n behoefte aan verhoudings in elkeen van ons geplaas - eerstens ‘n vriendskap met Homself en dan vriendskap met mekaar. Hy is vir ons ‘n voorbeeld van volmaakte selfopofferende vriendskap en Sy liefde is die basis van alle verhoudinge. Johannes 15:13 sê: “Die beste bewys van liefde is wanneer iemand vir sy vriende sterf sodat sy vriende kan lewe” (Bybel vir Almal)

© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page