Sommer so gebeur kerk
top of page

Sommer so gebeur kerk


“Om te dink ek moes 70 jaar oud word, voordat ek kerk sien werk.” So skryf ‘n dame nou die dag aan my. Dis iemand wat haar lewe lank elke Sondag twee keer in die eredienste sit. Die rede vir haar briefie was ekerk se betrokkenheid by ‘n projek om bejaardes in ‘n ouetehuis, wat van ‘n staatspensioen afhanklik is, van goeie etes te voorsien. Maar kerkwees is presies dit: om Jesus se hande en voete te wees, waar nood is. Kerkwees is om mense ook deur die loop van die week lief te hê, nie om net Sondae in die kerk die regte dinge oor God te preek en te bely nie. Geloof is ‘n daaglikse werkwoord. Die Gees se roepstem in jou en my lewe is altyd een tot aksie, diens en selfopoffering. Geloof moet gesien, gevoel en gehoor word, anders bly dit net vroom woorde. Daarom is die vraag voor jou lewensdeur: wat doen jy met jou geloof vandag? Nee, na wie toe is die Here saam met jou onderweg om daar te help, te troos, te bid, of kos te gee?


Geloof is nie die resultaat van een of ander kerklike beplanningsessie nie. ‘n Mens kan nie afgerig of geprogrammeer word om te glo nie, want geloof is ‘n verhouding met God. Geloof is waar jy al jou vertroue in die Gees se werk plaas. Dis waar jy die Here daagliks ongekompliseerd liefhet en ander dien. Dis al. Dis regtig so eenvoudig.


Gebed:

Liewe Jesus, maak my vol liefde. Laat my vandag vir een ander mens iets beteken. Amen.

bottom of page