Sing om te onthou
top of page

Sing om te onthou


Sing om te onthou

Musiek roer ons diepste emosies. Dis dus geen wonder dat dit so ‘n groot rol in ons verhouding met die Here speel nie. Musiek, wat uit ons harte kom, wys dat ons Geesvervuld is. As Moses byvoorbeeld aan die einde van sy lewe van die Israeliete afskeid neem en God se pad vir oulaas aan hulle voorhou, dan doen hy dit singend. Moses maak God se wil melodieus in Deuteronomium 32 bekend. Hy sing as hy leer. Hy maak musiek as hy God se wil vir die Here se mense oopbreek.


Te veel kere is ons kerkmusiek net spasievullers. Ons sing ‘n paar aanbiddingsliedere, omdat dit op sekere plekke voor of na ‘n preek of praatjie pas. Maar of ons na die tyd nog enigiets hiervan onthou, is ‘n ander vraag. Musiek, wanneer dit oor God gaan, is nie net luistermusiek nie. Dit is hoor-musiek, doen-musiek. Moses se Geesvervulde sangles in Deuteronomium 32 vertel hoe groot God is. Moses sing sy laaste lied oor God, wat die Rots is. Alles, wat Hy doen, is goed en reg. Die Here is regverdig en betroubaar (vers 1-4). Ware note! Lewensveranderende musiek! Sing dit agterna met jou eie lewe. Sing en erken dat die Here God is. Sing vrees en wanhoop uit jou lewe uit. Sing totdat jy opnuut besef dat Hy die enigste Here is. Sing totdat nuwe lewe in en rondom jou eggo.


Gebed:

Leer my nuwe liedere, Gees van God. Leer my om vir U te sing. Amen


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page