Geesvervuldheid maak musiek, die regte soort!
top of page

Geesvervuldheid maak musiek, die regte soort!


Stephan Joubert skryf in sy nuutste Heilige Gees artikel oor "Geesvervuldheid maak musiek, die regte soort!"
Geesvervuldheid maak musiek, die regte soort!

God se Gees se werking en musiek loop ook hand aan hand. Dit leer Paulus my in Efesiërs 5:19. Om Geesvervuld te wees beteken om nuwe liedere te sing. Dit beteken om God se lof vanuit my hart te laat opbruis oor my lippe. Die Gees maak my tot oorlopens toe vol met dankbaarheid. Hy laat lof en vreugde oor my stroom. Daarom kan ek nie anders as om te sing nie. Daarom wil ek van die bergtoppe af uitroep dat God groot en goed is. Daarom wil ek op elke straathoek uitbasuin dat die Here se dade mooi en prysenswaardig is.


Geesvervulde sang is hartmusiek. Dit kom van binne af. Dit borrel oor in my stem. Dit is altyd gevul met lof en dank. Nee, daar’s nie plek of tyd vir kla- en jammerkryliedjies as die Gees werk nie. Daar’s immers geen klaagliedere of verbitterde gedigte meer in die Nuwe Testament te bespeur nie. Vandat die era van die Gees aangebreek het, sing ons net blye liedere. Nou juig ons. Nou huppel ons van vreugde en nou dans ons rond in die teenwoordigheid van ons wonderlike God. Sy lof is nou permanent op ons lippe, nie ons eie swaarkry of seer nie. Nou maak die Gees ons oorvol van God se glorie en dolleeg van ons eie selfsug en nonsens. Nou laat Hy ons van onsself vergeet en slegs van God onthou.


Gebed:

Heilge Gees, laat my asseblief vandag sing tot eer van Christus en die Vader. Amen

bottom of page