Rus en vrede
top of page

Rus en vrede


Kleintyd, in ‘n groot huisgesin, het ek die grootmense dikwels gehoor praat van ‘n behoefte aan rus en vrede. Dis natuurlik eers as ‘n volwassene dat ‘n mens die gejaagdheid en veeleisendheid van die lewe leer ken en self verlang na rus en vrede.


Gesels met menige jong ouer vandag, veral wanneer pa én ma buite die huis werk, en jy hoor hoe oorvol en veeleisend hulle lewe is. Ten spyte van al die gerief of geriewe, wat die moderne lewe vir almal van ons gee, betaal ons natuurlik ook al te maklik die prys van oorbetrokkenheid en te besig raak.


Ek was nogal bemoedig, toe ek besef het dat Jesus vroeg in Sy aardse bediening al “vroeg in die môre, toe dit nog donker was”, uitgeglip het om te gaan bid. Dis in hierdie stilwordtyd, alleen by die Here, dat ek gevind het dat ek maar my skanse kan laat sak en erken dat ek moeg, moedeloos of gedaan is. Ek mag dalk soos Elia, uitgebrand en sommer net poegaai, onder ‘n bos wil inkruip. Die Here is egter daar om my te bemoedig en versterk, met die “varsgebakte roosterkoek” van Sy Woord en die koel, verfrissende “kruik met water” van Sy Gees (Johannes 7:38-39). Dit is waar Hy vir my en Brink persoonlik die waarheid geleer het van veral Jesaja 40:31 (wanneer ek op die Here vertrou, gee Hy vir my nuwe krag) en Hebreërs 13:5 (Hy sal my nooit verlaat of in die steek laat nie).


Met Sy rus en vrede, Sy nuwe krag en Sy blydskap kan ek die dreigende golwe van omstandighede en verpligtinge hanteer, ongeag hoe hoog die golwe is. Finansiële krisisse, haakplekke in die gesin en vriendekring of bekommernis oor gesondheid kan kom. As my primêre toevlug en bron van troos en bemoediging is om in gebed stil by die Here te word en deur Sy Woord aan sy alvermoë en liefde herinner te word, sal ek ook in hierdie omstandighede rus en vrede ervaar.


Dit is wanneer ek op Hom in my krisistyd fokus dat Jesaja 26:3 ‘n realiteit word:

“You will guard him and keep him in perfect and constant peace whose mind is stayed on You, because he commits himself to You, leans on You and hopes confidently in You.” (AMPC)

© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page