Getuie
top of page

Getuie


Lees Romeine 8:17

 

Saam met die Gees se funksie om hier diep vanuit ons harte na God te roep en om namens ons te bid, is Hy ook die een, wat ons oortuig dat ons God se kinders is. Wat ‘n fenomenale genadewerk doen die Gees nie. Hy oortuig ons hier in ons eie gees dat ons God se kinders is. Die Gees staan dus die brug tussen ons en God liefdevol vol. Hy verbind ons en God van oomblik tot oomblik. Die Heilige Gees is inderdaad ons lewenslyn na die hemel. Ja, Hy is die vernaamste verbindingslinie tussen aarde en hemel.

 

Die Gees roep gedurig uit ons binneste na ons genadige Hemelse Vader, na Abba! Die Gees se werk is om hierdie liefdesband met God van oomblik na oomblik in stand te hou. Daarom dat Hy in dieselfde asem ons met groot liefde oortuig dat ons regtig God se kinders is. Hy verseker ons oor en oor van ons kindskap. Hy brand ons geloof baie diep in ons harte in. Hy bewaar ook hierdie spesiale vertroue, wat ons in God plaas in ons harte se brandkluis sodat die swaar en die seer van die lewe ons nooit uit Sy hand kan steel nie. Wat ‘n wonderlike versekering is dit dus dat die Gees seker maak dat die goeie werk, wat God in ons begin het, enduit in plek sal bly.

 

Gebed:

Heilige Gees, dankie dat U al U kinders aan die Vader en die Seun vasbind. Amen.

bottom of page