God maak altyd tyd
top of page

God maak altyd tyd


Lees Matteus 6:10

 

‘n Opregte gebed verplaas jou vinniger as die spoed van lig na die troonsaal van God. Enige gebed in Jesus se Naam word deur die Gees verder gedra. Dit oorbrug alle afstand tussen hemel en aarde in ‘n hemelse oogwink. Gebedspoed klop elke ander spoedrekord met die grootste gemak. Gebed verwyder die afstand tussen hemel en aarde met ‘n paar eenvoudige woorde uit jou hart.

 

Net so vinnig as wat gebedspoed is, net so rustig kan God dinge doen, wanneer dit nodig is. Dieselfde God, wat teen ligjare vinniger as die vinnigste spoed na jou gebede luister, is die Een, wat ‘n dag in ‘n duisend jaar kan verander, wanneer Hy mooi na jou luister, soos wat 2 Petrus 3:8 sê. Dit is ongelooflik dat dieselfde God, wat bo tyd uittroon, ook die tyd by sy planne kan aanpas. God is nie van ons tydsaanduiders afhanklik nie. Dinge soos dag en nag, ure, minute, sekondes en jare maak God nooit ouer nie. Hy is vir altyd dieselfde, elke dag, elke jaar, elke millennium. Wanneer dit Hom pas, kan Hy ons aardse konsepte van tyd volgens Sy planne aanpas. God kan ‘n aardse dag uitrek sodat Hy mooi na Sy kinders se behoeftes kan luister. Aan die ander kant, wanneer Sy kinders ly en ernstig  om hulp smeek, kan Hy die tyd korter maak om hulle uit te help. Benut hierdie een in ‘n miljoen kans!

 

Gebed:

Here, in hierdie oomblikke tree ek in U teenwoordigheid in Jesus se Naam in. Amen.

bottom of page