Praat reg, praat met wysheid
top of page

Praat reg, praat met wysheid


Hoe lyk dit as ons reg praat met wysheid? Lees gerus wat Stephan Joubert skryf in sy nuutste Goeie Nuus hieroor.
Praat reg, praat met wysheid

* Praat eerlik. Jy skuld ander mense altyd ’n stuk eerlikheid, veral as daar fout is in hulle lewe. Prediker 7:5 sê die eerlike woorde van ’n wyse is kosbaarder as die vleitaal van ’n dwaas. Nee, jy praat nie eerlik op ongeskikte maniere nie. Met sagmoedigheid wys jy ander tereg, as dit nodig is.

* Praat hartlangs. Leer by John Woolman (1720 - 1772). Hierdie kleremaker, wat ook gehelp het om slawerny af te skaf binne Amerikaanse Quaker-gemeenskappe, moes een keer met ’n klomp Indiane gaan gesels. Toe staan ’n plaaslike leier op en sit sy hand op Woolman se bors. “Ek wil voel waar sy woorde vandaan kom,” sê hy. Na ’n ruk gee hy toe ‘n teken dat die aanwesiges maar na Woolman kan luister. Sy woorde kom uit die hart. Vir die Here tel sulke tipe hartstaal ’n ewigheid meer as dooie lippetaal. Praat sulke woorde.

* Praat opbouend. Moenie mense afkraak en afbreek nie. Moenie ander slegsê of verneder nie. Bou hulle op deur jou bemoedigende woorde. Laat jou woorde altyd iets begeerliks wees omdat dit deurdrenk is met hoop en lewe. Laat dit soos die fynste silwer wees, soos wat Spreuke 10:20 sê.

bottom of page