Bou jou lewe op Rots wat nooit wankel nie
top of page

Bou jou lewe op Rots wat nooit wankel nie


In sy nuutste Goeie Nuus skryf Stephan Joubert hoe ons ons lewe kan bou op Rots wat nooit wankel nie.
Bou jou lewe op Rots wat nooit wankel nie

“I’ll huff and I’ll puff and I’ll blow the house down.” Onthou jy nog wolf se bekende woorde, kort voordat hy twee van die drie varkies se huisies omgeblaas het wat van strooi gebou was? Maar die derde een se huisie was van steen gebou. Daarom was wolf se asem dié keer nie sterk genoeg nie. Nou ja, groot krisisse blaas deesdae kliphard aan wie weet hoeveel mense se lewenshuise. Baie se hoop word deur Covid, misdaad en armoede weggeblaas. Hulle geluk, drome en veiligheid gaan daarmee heen. Party verloor boonop ook nog hulle geloof in sulke storms.


Wat moet ons doen in ’n tyd soos hierdie? Wel, ons moet luister na ’n ander, lewensbelangrike verhaal, dié van Jesus in Matteus 7:24 - 29. Hier leer Hy dat die lewe soms teen stormsterkte gebeur. Sulke storms is sterk genoeg om mense se lewenshuise om te waai. Daarom sê Jesus dat mense hulle lewens op Sy woorde moet bou. Dan is hulle lewenshuis is op Rots gebou - op Homself. Geen storm sal hulle dan ooit omwaai of hulle lewe vernietig nie. Hulle is dan vir ewig geanker op die Rots, wat nooit wankel of bewe nie. Doen dit. Sorg dat Christus vandag en elke ander dag jou veilige beskutting is.

bottom of page