Op soek na die ware Jesus?
top of page

Op soek na die ware Jesus?


Hier volg ‘n bietjie nuus uit die skeptiese wêreld: Ten spyte van die geloof van baie, word al hoe meer mense skepties oor ‘n hemelse Jesus. Skepties-ongelowige mense beweer al vir jare lank dat ons geen hemelse Jesus nodig het nie, maar dat ‘n bloot aardse Jesus goed genoeg is. Ons kan beter identifiseer met ‘n aardse Jesus, word gesê. Ook in akademies-teologiese omgewings is daar ‘n handjievol navorsers, wat allerhande aardse Jesus-figure opgedis het. ‘n Hemelse Jesus, wat fisies uit die dood opgestaan het en oor hemelse eienskappe beskik soos heerskap en Goddelikheid, pas nie meer by ons wetenskaplike era in nie. Ons kan as sterflike mense nie met ‘n Goddelike Jesus identifiseer nie. Boonop is ‘n hemelse Jesus patriargaal, outoritêr en oudmodies. Dit is die heersende opinies.


Tog roep ons samelewing elke dag om hulp, wat net ‘n Hemelse Jesus vir ons kan gee. Ek dink aan Bonnie Tyler wat sing:


Where have all the good men gone

And where are all the gods?

Where’s the streetwise Hercules

To fight the rising odds?

I need a hero ...

And he’s gotta be larger than life

Larger than life

I need a hero...

I could swear there is someone, someone watching me ...

I can feel his approach like fire in my blood.


Ek dink aan een van die nuutste Superman-flieks, waar Superman vir Lois Lane sê: Lois, you say the world doesn’t need a saviour, but every day I hear people crying out for one.


Die probleem met ‘n bloot aardse Jesus is dat Hy ons nie kan red nie. Alhoewel ons met ‘n bloot aardse Jesus kan identifiseer, kan ‘n aardse Jesus ons nêrens heen lei nie. Hy kan ons nie verby onsself lei nie. Hy kan ons nie verlos van die ellende, lyding, euwels en dood nie. Hy hoor ons nie wanneer ons om hulp roep nie. Vir al hierdie kardinale menslike behoeftes het ons ‘n Hemelse Jesus nodig, beslis Iemand met wie ons kan identifiseer, maar ook Iemand, wat die dood oorwin het en wat aan die regterhand van God sit. So ‘n Jesus kan ons verlos van onsself, ons sondes vergewe, ons hoop vir ‘n toekoms gee, ons vertroos in ons swaarkry. Hy kan saam met ons treur en ons leer om ons vyande lief te hê.


Dit maak nie ‘n dinges saak of so ‘n Jesus in ons wêreld “inpas” of nie. Hy voorsien in ons mees basiese, menslike behoeftes. Hy red ons van onsself, van die houvas van euwels. In Sy aardsheid en Sy mensheid kan Hy inderdaad met ons empatie hê. Hy maak beter mense van ons. Ek is ‘n veel beter buurman, motorbestuurder en landsburger mét Jesus, as sonder Hom. Daarom het ons die volle Bybelse Jesus nodig, die aardse, sowel as die hemelse.


Hy is:


Die seun van Josef en Maria,

sowel as Seun van God.

bottom of page