Oorhang is uit!
top of page

Oorhang is uit!


Almal ken die Engelse woord “hangover.” Dit verwys na mense wat te veel saam met Bacchus gekuier het en wat die dag daarna steeds allerhande goor nagevolge beleef. Hierdie Engelse woord is oorspronklik gebruik om te verwys na dronk matrose, wat in die 17de eeu betaal is om bo-oor toue te hang, terwyl hulle slaap, eerder as op die grond. In hulle besope toestand het hulle letterlik oor hierdie toue gehang totdat hulle wakker geword het.


Vandag hang kuiergeeste dalk nie meer oor sulke toue nie, maar alkohol saai steeds dieselfde verwoesting in baie mense se lewe. Alkohol is ’n harde baas, wanneer mense voltyds hiervoor werk. Uiteindelik word drank hulle enigste slegte vriend. Moenie dat so iets jou ooit oorkom nie. Neem vir Paulus ernstig op as hy in Efesiërs 5:18 (NNT Vertaling) sê: “Moenie dronk word van wyn nie. Dit is dom, want dit verwoes net julle lewe. Laat eerder toe dat die Gees julle lewe volmaak met sy teenwoordigheid.”


Doen wat Paulus hier in Efesiërs 5:18 sê. Vertrou jou lewe elke dag aan die Gees van die Here toe. Hy bring die regte vryheid. Hy veroorsaak dat jy nie oorhang nie, maar uitstaan. Hy sorg dat jy vir die Here uitstaan.

© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page