Om lief te hê - Die eerste én tweede gebod
top of page

Om lief te hê - Die eerste én tweede gebod



Met ’n onlangse kuier by ons kinders het Brink, soos wat dit ‘n oupa betaam, op die geel gemakstoel aan die slaap geraak, terwyl die ander volwassenes met ‘n paar takies besig was. Toe ons dogter om die hoekie loer om te sien wat haar klein vierjarige doen, sien sy hoe die kleinding haar slapende oupa se hand soen. Op die mamma se vraag wat sy doen, antwoord die klein dogtertjie: “I want to give him love!


Wat ‘n voorreg dat ek ook in my stiltetyd my so in my Here se teenwoordigheid kan verheug, asof ek Sy hand as uiterlike teken van my liefde vir Hom soen. Jesus het mos vir my kom leer dat die belangrikste ding in my lewe moet wees dat ek God sal liefhê met my hele hart en siel, met al my kragte. En die tweede belangrikste is dat ek my naaste sal liefhê soos myself. Soos Andy Stanley in effek sê: Ek eer die Here deur my naaste lief te hê, deur liefde aan my naaste te bewys.


Terwyl ‘n vriendelike woordjie of selfs ‘n drukkie my nie eintlik iets gaan kos nie, vergeet ek tog so maklik hoe die klein dingetjies iemand se dag kan opkikker. Die Here vra nie noodwendig van my om my lewe fisies vir iemand neer te lê nie, maar dit beteken nie dat dit my nie dalk iets gaan kos, wanneer ek my liefde aan Hom (en ander) bewys nie. Ek bewys ware liefde deur na ander te luister, hulle te help, te bemoedig – deur al die ware liefde, wat ek kan, te gee – en dan nog so ‘n bietjie meer.


Jesus het, terwyl Hy sterwend besig was om Sy alles vir die wêreld te gee, nog aandag aan Sy moeder se versorging gegee. Om na familie om te sien, is só belangrik. Wanneer laas het ek met my sibbe, met my bejaarde ouer kontak gemaak? En is ek besig om met afbrekende, harde woorde stresvlakke in my hoorder te verhoog, wat tot fisiese skade kan lei?


Aan die ander kant: “Pleasant words are like a honeycomb, sweet and delightful to the soul and healing to the body.” (Spreuke 16:24 AMP) Navorsing het gewys dat suiwer heuning, die bekende natuurlike versoeter, anti-inflammatories, anti-bakteries en ‘n anti-oksidant is! Net so kan ek met ‘n vriendelike opmerking die persoon agter die kasregister, of selfs ‘n vreemdeling op straat, se stresvlakke verlaag, gesondheid verbeter én in die proses sommer my eie ook!


Be intentionally kind, compassionate and forgiving, just as in Christ God forgave you.

- Ef 4:32 NIV





bottom of page