Nie slawe nie
top of page

Nie slawe nie


Lees Romeine 8:15

 

Slawe is lewenslange gevangenes. Hulle leef dag en nag in vrees vir hul eienaars. Daarom sê Paulus ons is nie slawe nie, maar kinders van God. Maar wag, weerspreek hy homself nie effens nie? Hy noem homself op ander plekke ‘n slaaf vir Christus. Ook sê Jesus elders dat ons knegte en slawe in God se diens moet wees (Markus 10:42-45, Lukas 17:7-10). Hoe rym dit met Paulus se woorde hier in vers 15? Ek dink die antwoord lê in die konteks van al hierdie uitsprake.

 

Wanneer Jesus sê ons is God se slawe, dan bedoel Hy ons moet ons behoefte aan status en eie eer laat vaar. Soos knegte en slawe moet ons nederig en leeg van onsself wees. Ons enigste behoefte moet wees om ons Meester en Eienaar se eer na te jaag. Net die Gees kan ons hiermee help. Maar wanneer Paulus hier in Romeine 8 noem dat ons nie langer slawe is nie, dan verwys hy na die negatiewe aspek van slawerny, naamlik vrees vir ‘n wrede eienaar. Dit geld egter nie meer vir diegene, wat deur die Gees gelei word nie. Nou is ons God se kinders, wat Hom in die oë kan kyk en nie meer bang vir Sy straf is nie. Ons weet immers die straf bestaan nie meer nie. Ons is nou kinders van die Koning van die hele heelal.

 

Gebed

Dankie dat ek U kind mag wees en nie langer ‘n slaaf is nie, o God. Amen

bottom of page