Nie meer ‘n slagoffer nie
top of page

Nie meer ‘n slagoffer nie


Lees Romeine 8:9a

 

Sommige mense hou daarvan om die slagofferrol te speel. Hulle geniet daardie kry-my-tog-jammer-mentaliteit sodat die aandag op hulleself gevestig kan word. Of om hulle foute te probeer wegpraat. Wie weet hoeveel kerklikes het nie al vir my gesê hulle is maar so gemaak en so gelaat staan nie. Dan sê ek dadelik vir hulle dis nie waar nie. Hoe weet ek dit? Want Romeine 8:9 sê dit vir my! Hier leer ek dat mense, wat toelaat dat die Gees hulle lei, nie langer die slagoffers van hul ou, sondige bestaanswyse is nie. Hulle is nie meer vasgevang in sondige denkpatrone of gedragspatrone nie. Die Gees het dit gebreek. Hy het hulle vrygemaak.

 

Die regte antwoord op ‘n destruktiewe leefstyl is in die eerste plek nie om daarteen te stry nie. Nee, die antwoord is om ons lewe in gehoorsaamheid voltyds tot die Heilige Gees se beskikking te stel. Wanneer die Gees ons lei, verloor die vlees. Wanneer die Gees aan die stuur van sake staan, kom ons ou natuur tweede. Nee, dan kom dit heel laaste! Van ons kant af vra die Gees egter ons heelhartige samewerking. Hy forseer ons nie, maar nooi ons uit om Hom te volg. Hy dwing ons nie, maar pleit by ons om agter Hom aan te stap. Hoekom sal ons dan weier? Kom ons doen dit nou dadelik!

 

Gebed:

Ek wil my deur U laat lei, Heilige Gees van God. Amen

© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page