’n Teleurstelling en ’n teleurgestelde … of nie!
top of page

’n Teleurstelling en ’n teleurgestelde … of nie!


’n Wyle gelede vertel iemand my dat aan 'n Bybelstudiegroep by haar werk onttrek het. Alles daar het om die betrokkenes se groot geestelike deurbrake, hulle spesiale gebedsverhorings en die jongste profesieë, wat hulle sou ontvang het, begin draai. Sy het gevoel sy is nie geestelik genoeg nie. Maar haar seepbel het behoorlik gebars, toe hierdie vroom Bybelstudiegroep nie betrokke wou raak by ’n nie-gelowige kollega, wat geldelik en emosioneel swaargekry het nie. Sy was teleurgesteld. Dit is tog wat Jesus van ons vra, het sy gemeen.


Miskien was jy ook al teleurgesteld met ander gelowiges se vreemde gedrag. Ek weet ek was al! Nog erger, ekself het al ’n hele paar mense teleurgestel. Dalk het dieselfde ook met jou gebeur. Beide van ons sou dan kon kwalifiseer as ‘n teleurgestelde én ’n teleurstelling in een en dieselfde asem. Dit bevestig minstens dat ons steeds net mens is wat ons geloof partykeer reg beoefen en partykeer nie. Ons mag egter nooit in sulke teleurstellinglaagtes uitkamp nie. Ons mag nooit teer op ons eie teleurstellings in ander mense nie. Ons moet dit laat gaan. Ook mag ons nie vasval in eindelose skuldgevoelens oor hoe onsself ander teleurgestel het nie. Kom ons plaas dit alles aan die Here se voete neer en beweeg aan.

bottom of page