’n Kopbekering verander jou hele lewe
top of page

’n Kopbekering verander jou hele lewe


Die lewe gebeur noord van jou hart. Daarom dat jou kop ook tot bekering moet kom, soos wat ons verlede week vir mekaar gesê het. Omdat so ’n kopskuif dalk nie jou eerste bekering gekenmerk het, toe jy slegs jou hart vir die Here gegee het nie, kort jy dringend ’n nuwe kop. Jou kop moet aanhoudend nuut gemaak word. Dit benodig ’n nuwe metanoia.

Metanoia is die Griekse woord, wat in Markus 1:15, asook op ’n paar ander plekke in die Nuwe Testament gebruik word vir bekering. Metanoia beteken letterlik iets soos:

“to go beyond the mind” or “into the larger mind.” It means to escape from the orbit of the egoic operating system, which by virtue of its own hardwiring is always going to see the world in terms of polarized opposites and move instead into the nondual knowingness of the heart, which can see and live from the perspective of wholeness. This is the central message of Jesus.”So skryf C. Bourgeault (2008, The wisdom Jesus. Transforming heart and mind - A new perspective on Christ and his message).

Metanoia is om ’n nuwe kop te hê, een wat deur die Here aangeraak is, een wat anders dink, voel en fokus. Metanoia beteken letterlik om van verstand te verander! Dit is die oorstap na ‘n nuwe lewe aan die hand van ‘n kraakvars nuwe verstaan en ervaring van God, jouself, ander mense en die lewe self. Metanoia is ‘n nuwe kop, maar dis ook ‘n nuwe hart en ’n nuwe manier van doen. Metanoia verander jou van kop tot tone in ’n voltydse volger van Jesus. Metanoia is baie meer as net harttaal. Dis ‘n lewende verbintenis met jou hele lewe aan Jesus en alles waarvoor Hy staan. Metanoia maak dat jy Jesus voltyds van tone tot kop en van kop tot tone volg. Sy roete is nou jou enigste kompas; daarom tel jy jou kruis elke dag van voor af op jou eie skouers. Jy volg die Here met jou kop, jou hart, jou emosies, jou gewoontes, jou gedrag, jou dade, met jou hele lewe. Jou tweede metanoia hou voltyds en lewenslank aan.

© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page