Jou kop is tans onder konstruksie van die Here
top of page

Jou kop is tans onder konstruksie van die Here


Was jy al ooit in ’n kerkdiens, waar jy uitgedaag is om jou kop en jou denke vir God te gee? Jou hart … ja, dít moet jy gedurig vir die Here in die kerk gee, maar nooit jou kop nie. Daarom hang daar ’n lewensgevaarlike bordjie langs vele kerkmense se koppe, wat lees: PRIVAAT EIENDOM. OORTREDERS SAL VERVOLG WORD. Verwyder dit nou dadelik. Om slegs jou hart vir die Here te gee, terwyl jy dink soos wat jy nog altyd gedink het en voel soos wat jy nog altyd gevoel het, maak dat jy ’n belangrike deel van die Here se werk in jou lewe misloop. Jy moet juis leer om jou kop aan die Here toe te vertrou sodat dit gesond en reg kan funksioneer en reg kan groei.

Jou kop is nie vooraf aanmekaar gesit en toe in finale vorm by jou afgelewer nie. Dit groei en verander lewenslank, soos wat ons in die vorige week ook gesien het. As jyself egter nie betrokke is by jou kop se aanhoudende groei nie, gaan jy ’n slagoffer word van ’n kop, wat soos ’n olifant op sy eie roetes voortstrompel, terwyl jy dit soms met ’n strooitjie van rigting wil laat verander.


Maak seker dat daardie ou operasionele denksisteme van jou, waarmee jy opgegroei het, nie steeds nog deel is van jou kop nie. Dis nie te laat om iets hieraan te doen nie. ’n Nuutgemaakte kop is die Heer se geskenk ook aan jou. Gebruik dit van nou af net reg en anders. Weet ten minste die volgende wanneer jy met jou eie kop werk: Weet dat toe Christus jou Syne gemaak het, het Hy jou van kop tot tone nuut gemaak. So skryf Paulus in 2 Korintiërs 5. Van toe af het Hy ook die nodige kapasiteit in jou kop geplaas om nuwe gedagtes te dink. Jou kop is ’n ontvanger én sender van God se oorvloedige genade en krag. Hoor weer hierdie Woord van die Here en bêre dit in jou gedagtes. Dan funksioneer en groei jou kop sommer vandag reeds anders (2 Korintiërs 5:16-18, NNT Vertaling):


16) Van nou af gebruik ons nie meer ou, sondige standaarde om ander mense uit te kyk en te beoordeel nie. Vroeër het ons Christus vanuit sulke sondige standaarde beoordeel. Toe het ons nog nie in Hom geglo nie. Maar nou ken ons Hom glad nie meer so nie. Nou ken ons Hom reg. 17) Iemand, wat in Christus glo, is ‘n splinternuwe skepping! Daardie ou lewe is oor en verby. Let op! Alles het nuut geword. Nuwe lewe het aangebreek.

© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page