My verhouding met Jesus – persoonlik, dinamies, transformerend
top of page

My verhouding met Jesus – persoonlik, dinamies, transformerend


Psalm 27 :4

Een ding vra ek van die HERE,

en dit sal ek bly soek:

om in die huis van die HERE te bly

al die dae van my lewe, om my te verbly in Sy goedheid – NLV

(his sweet attractiveness and delightful loveliness) – AMP;

sy wonderlike nabyheid wil ek dag en nag beleef. – DB)


Hoe heerlik is dit nie om in die geselskap van Jesus, die Woord, te sit en Hom beter te leer ken uit Sy Woord (die Bybel). Vandag is ons so bederf met maklik beskikbare vertalings van die Bybel, soos bv. op die Bybel-toep. So kan ek meer verstaan en dit makliker my eie maak. MAAR, dan stap ek die dag in en, in plaas van iets van Sy “sweet attractiveness and delightful loveliness,” tuimel ongeduldige, bitter woorde, wat kwets, en seermaak uit my mond!


Jakobus het geweet van en gewaarsku teen hierdie strik, waarin ons so maklik trap, om woorde te gebruik wat glad nie ooreenstem met ons getuienis nie, woorde wat die Naam van Jesus oneer aandoen. Paulus, met sy vuurvreter temperament, moes sekerlik self toepas wat hy later vir die Christene in Rome skryf: “ … make a decisive dedication of our bodies (presenting all your members and faculties) as a living sacrifice, holy (devoted, consecrated) and well-pleasing to God, which is you reasonable (rational, intelligent) service and spiritual worship.” Romeine 12:1, AMP


As ek doen wat Paulus in Romeine 12:10 skryf, sal ek my mede-Christene liefhê en met groot respek en agting behandel. Dan deel ek maklik ‘n seënwens uit, soos wat ‘n vriendin jare gelede vir my herinner het dat die Here “vol vreugde” is oor my, “stil-tevrede in sy liefde”. (Sefanja 3:17, AFR83) Ek moet bely dat dit my jare geneem het om so veilig by en geliefd deur die Here te voel, maar haar seënwens het my laat dink en gehelp om dit te glo.


Om daarop ingestel te wees om seënwoorde te saai, ‘n tydige trooswoord of selfs ‘n drukkie te gee, kan ‘n kragtige manier wees waarop ek vir ander aan God se liefde herinner. Ek kan, soos wat Paulus in Efesiërs 4:32 skryf: “Be intentionally kind, compassionate and forgiving…” Dit is wat die Here van my wil hê. Hy sal my in staat stel as ek Hom genoeg vertrou en lief het om te gehoorsaam. Wanneer ek praat, of dit ‘n verjaardagwens of ‘n trooswoord is, of selfs in ‘n konfliksituasie, gaan ek onder beheer van die Heilige Gees kies om so te praat:

“… only such speech as is good for building up others according to the need and the occasion, so that it will be a blessing to those who hear you speak.” – Efesiërs 4:29, AMP

bottom of page