Moedeloosheid
top of page

Moedeloosheid


The Christian life is not a constant high. I have my moments of deep discouragement. I have to go to God in prayer with tears in my eyes and say, 'O God, forgive me,' or 'Help me.”  - Billy Graham


Ons almal kry op een of ander stadium met moedeloosheid te doen. Niemand is immuun daarteen nie. Dit voel soms asof niks vir my reg verloop nie. My finansies werk dalk nie uit nie, my kind is dalk al lank van die pad af, my huweliksprobleme lyk onoorkomelik, of die onopgeloste probleme by my werk veroorsaak net frustrasie en moedeloosheid. My emosionele battery is laag en ek hou spreekwoordelik net-net kop bo water. Met al die gesukkel raak ek nou reg om tou op te gooi, raak ek reg om hoop dat daar ‘n oplossing is, te laat vaar.


Wat doen ‘n mens nou met hierdie gevoelens van moedeloosheid?  Gedurende die moeilike tye in Dawid se lewe, het hy met sy moedeloosheid en vertwyfeling na God toe gevlug en sy hart teenoor God uitgestort. Ons kan dieselfde doen. Dawid het geglo dat dit ‘n veilige plek was waar hy verseker was van God se liefde en omgee. Daar in Sy liefdevolle teenwoordigheid kan ek ook met krag, liefde en vrede ondersteun word, toegerus raak om weer te kan opstaan. (Psalm 69:34). Daar leer ek ook om nie op my eie krag of vermoëns te vertrou nie, maar om op God te vertrou.


Ons kan mekaar ook bemoedig. So het Henk en Erika* die voorreg gehad om ‘n vriendepaar, wat hulle besigheid tydens Covid verloor het, by te staan. Hulle het saam gebid, af en toe ‘n maaltyd by hulle afgelewer, hulle gehelp om die regte raad en finansiële bystand te kry. Ruth* weer het gehoor van mense, wat hulle seuntjie in ‘n ongeluk verloor het. Sy vertel dat sy gedring gevoel het om te gaan simpatiseer. Al wat sy gedoen het was om woordeloos ‘n drukkie te gee, terwyl die pappa op haar skouer huil.


Soos wat Barnabas, van wie ons in Handelinge 4 en 11 lees, vanuit sy naby verhouding met die Here ander kon bemoedig, kan ek ook later ander bemoedig. Of as ek die Here se troos en bemoediging in my stiltetyd ervaar het, kan ek weer iemand, wat swaarkry, gaan ondersteun


 “In al ons swaarkry bemoedig Hy ons. Hy doen dit sodat ons ook in staat sal wees om mense in al hulle swaarkry by te staan met dieselfde bemoediging, waarmee God ons versterk het.”  

- 2 Korintiërs 1:4 Nuwe Lewende Vertalinghttps://bible.com/bible/117/2co.1.4.NLV

 

*Skuilname

bottom of page