Mense is ook veilige hawens
top of page

Mense is ook veilige hawens


Skepe het hawens nodig. Hier moet nuwe voorrade en passasiers aan boord geneem word. Hier moet herstelwerk gedoen word. Hier moet geskuil word, wanneer gevaarlike storms woed. Dieselfde geld vir onsself. Ons almal benodig hawens, waar ons veilig kan wees en waar noodsaaklike geestelike herstelwerk aan ons gedoen kan word. Ons almal kort ’n skuilplek, wanneer die stormwinde dreig om ons van koers af te waai. Waar is sulke hawens te vind? Vir seker by die Here. Hy is ons skuilplek, ons rots, ons vesting en ons hawe. Maar Hy stuur ook mense oor ons pad as veilige hawens. Dit is daardie mense wie se skouers breed genoeg is om ons laste te help dra. Dit is diegene by wie ons sommer net kan gaan afpak. By hulle kan ons ons seerkry en teleurstellings neersit sonder om bekommerd te wees hulle sal uitpraat.


Is daar mense naby aan jou wat sulke veilige hawens in jou lewe is? Hulle is lewende geskenke van die Here aan jou. Hulle is jou hawe in die storm. Hulle is jou skuilplek. Koester hulle. Dank die Heer vir hulle. Wees self ook vir hulle en vir ander mense daar, wanneer die lewe dreig om hulle onderstebo te loop.

© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page