Maandag ook
top of page

Maandag ook


Lees Jakobus 1:25


Terwyl die wêreld 27 triljoen SMS’e elke jaar rondstuur, 60% jongmense hulle verhoudings via selfone en Instagram bou en beoefen en rekenaarverkope in Suid-Afrika met meer as 12% per jaar groei, is ons iewers langs die pad besig om ‘n stukkie menswees in te boet. Ons eindelose beheptheid met nuwe tegnologiese speelgoed en ons gedurige behoefte om vermaak te word, veroorsaak dat ons, ons Godgegewe verstandelike vermoëns en ons dienbare verkwansel.


Ons land het te min onderwysers, ingenieurs, verpleegsters, teveel om op te noem! Maar elke tweede persoon in Suid Afrika wil ‘n miljoenêr wees met ‘n nuwe kar, huis en ander welvaartspeelgoed. Ons moet iewers dringend tot stilstand kom, veral as ons ouers is. Ons het net een generasie oor om ‘n verskil hieraan te maak - hierdie een! Ons is vasgevang in ‘n vermaakgenerasie, selfs in die kerk. Die meeste mense wil hier net geestelike kitsantwoorde hê, onmiddellike gebedsverhorings ervaar en boonop kitsgeluk en rykdom hê as teken dat God hulle seën. Waar’s ons harte van omgee, daardie soort, wat die Heilige Gees in ons binneste installeer? Deernis, omgee, liefde - gaan jy ten minste kies hiervoor? Gaan jy hierdie lewensveranderende waardes uitleef? Gaan jy toelaat dat die Gees jou alledaagse lewe verander? Wat help Geesvervuldheid in elk geval op Sondae in die kerk, as dit nie Maandae in die regte lewe jou manier van leef verander nie?


Gebed:

Verander ons, Here. Stroop ons van onsself. Doen dit dringend, asseblief. Amen.

© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page