top of page

Grassny kan ‘n ligskyngebeure word


Lees Matteus 10:40


Een van die belangrikste dinge, wat die Gees in ons doen, is om ons diensbaar te maak. Hy gebruik ons as effektiewe spreekbuise vir Jesus in die klein dingetjies en in die oënskynlike toevallighede van ons daaglikse lewe. Nou die dag vertel iemand dat haar man vanweë werksdruk vir twee weke nie die gras gesny het nie. Toe sy sien iemand sny die nuwe bure se gras, het sy oorgestap en vir die “tuinhulp” gevra of hy ook hulle gras sal kom sny. Hy het ingewillig.


Toe Manlief by die huis kom, was hy hoogs ontsteld toe hy sien die nuwe buurman, wat die direkteur van ‘n groot maatskappy is, is besig is om hulle gras te sny. “Ek het gedog hy’s ‘n tuinwerker,” was sy vrou se verleë antwoord. Sjoe, maar wat ‘n getuienis dat hierdie belangrike persoon bereid was om sy bure te help. Ons moet by hom leer om mekaar te dien, al is ons vreemdelinge vir mekaar. Dis wat die Evangelie van ons vra. Om goed te doen aan mense wat jou nie ken nie, of wat selfs nie eens van jou hou nie, is om die Here se lig teen volsterkte te laat skyn. Dis om op die mees onverwagte maniere die Here se getuie te wees, soos om jou bure se gras te sny sonder enige pretensie, al is jy ‘n vername direkteur.


Gebed:

Leer my asseblief om in die klein dingetjies getrou te wees, goeie Here. Amen.


Comentarios


bottom of page