Los alles, kom!
top of page

Los alles, kom!


Lees Lukas 14:33


Dis nie so maklik om Jesus te volg, soos wat sommiges dit uitmaak nie. Nee, dit kos ‘n prys. Dit kos eintlik meer as dit - dit kos alles. Een van die heel eerste dinge, wat Jesus vra, is ons besittings. Tragies genoeg is dit meestal een van die heel laaste dinge, wat ons volledig aan Hom afstaan. Geld is ‘n sensitiewe saak, as dit by geloof kom.


Ons houding teenoor geld is vir Jesus een van die barometers vir ons dissipelskap. Hy vra dat ons ons kruis moet optel as ons ons liefde vir geld wil laat vaar, want geld is ‘n onmisbare deel van ons elkeen se lewe. Ons almal het dit nodig. Sonder geld kan ons nie leef nie. Die dilemma is net dat genoeg nooit genoeg is vir die meeste mense, wanneer dit oor geld gaan nie. Daarom kan slegs die Gees ons van die aantrekingskrag van geld bevry. Net Hy kan ons verlos van die magnetiese invloed, wat dit op ons het. Anders, as ons die Heilige Gees nie in ons beursie en ons maandelikse begroting innooi nie, gaan ons nooit vrykom van ons verslawing aan besittings nie. Dan gaan ons altyd nog dinge wil hê. Onthou egter Jesus se ernstige vermaning dat, as ons nie bereid is om alles, wat ons op ons naam het, ondergeskik aan Hom te maak nie, dan kan ons nie regtig in Sy dissipelkring wees nie.


Gebed:

Kruisig my geldgierigheid, o Heer. Amen.

bottom of page