top of page

Leier Nuusbrief - April deel 1


Die digitale kerk


Kerkleiers is verward. Die vinnige verspreiding van die Koronavirus skep ‘n ekklesiologiese raaisel. Wat beteken dit om “kerk” te wees in ‘n tyd soos hierdie? Is dit werklik belangrik dat ons aanhou vergader te midde van die vrees en onsekerheid? As ons fisies aanhou vergader is ons vasberade of roekeloos?

Die kerk is ‘n gemeenskap wat nog altyd met mekaar verbind het in tyd en ruimte.

Kompromis en nie gemak nie

Te midde van die krisis sal baie gemeentes mense na aanlyn byeenkomste verwys. Dit is nie alleen ‘n geldige opsie nie, maar ‘n noodsaaklikheid. Dwarsdeur die wêreld verbied regerings groot byeenkomste. Die kerk het nie ‘n keuse nie.

Sosiale afstand is op hierdie stadium blykbaar die enigste oplossing om die verspreiding van die virus te stop of ten minste te vertraag.

Soos ons tydelik ons gemeentes verwys na hierdie aanlyn spasies is dit belangrik om die digitale werklikheid te verduidelik: Dit is ‘n tydelike kompromis en nie ‘n permanente gemaksbesluit nie. Moenie ‘n fout maak nie: om in die gemak en veiligheid van jou huis te sit en na ‘n preek te kyk, is gemaklik.

Gemak het die neiging om die werk van langstaande tradisies vining ongedaan te maak.

Hierdie tydelike werklikheid moet as ‘n tydelike kompromis afgedwing deur omstandighede gesien word. Sodra ons weer fisies eredienste kan bywoon, sal dit moet gebeur.

Hefboom die oomblik en die medium


Soos ons die digitale werklikheid vir die tyd binnegaan, moet ons die oomblik en die medium op allerlei manière gebruik. Die verskillende platforms wat beskikbaar is, gee aan ons die geleentheid om sekere aanbiddingspraktyke na te boots. Dit kan ons op unieke wyses verbind terwyl dit ons verlange om werklik saam te kom, beklemtoon.

Meeste “streaming” opsies het ‘n kletsopsie. Ons kan dus preek en onderrig in dialoog vorm, meer as wat in ‘n fisiese erediens moontlik is. So kan mense wat kyk en luister hulle gedagtes, insigte en vrae met ons deel.

Ons kan ‘n soortgelyke benadering ten opsigte van gebed volg. Mense word aangemoedig om hulle gebedsversoeke in te stuur wat dan onmiddellik hanteer kan word.

Ons kan ook mense aanmoedig om in kleingroepe bymekaar te kom. Hulle kan selfs tydens die aanlyn diens vergader. Ons mag nou wel nie as die groter liggaam vergader nie, maar ons kan steeds as lidmate, klein en verspreid, vergader.

Poog om mekaar te sien


Waar liefde is, is daar geen vrees nie, maar volmaakte liefde verdryf vrees (1 Johannes 4:18). Die soort liefde wat vrees verdryf is die liefde van God. As weet dat as die koronavirus ons nie doodmaak nie, sal iets anders dit uiteindelik doen. Maar vir volgelinge van Jesus beteken dit nie die einde nie. Dit is ons uiteindelike hoop.

Dit is hoekom die kerk voortgaan om te vergader, te sing, te luister, te bid en te dien. Huidige omstandighede mag baie verhinder om tans fisies bymekaar te kom. Ons moet wys en verantwoordelik optree. Ons moet Paulus se woorde herdink: Wat ons betref, broers, toe ons nog maar ‘n kort rukke van julle geskei was – wel uit die oog, maar nie uit die hart – het ons so baie na julle verlang dat ons alles in ons vermoë gedoen het om julle weer te sien (1 Tessalonisense 2:17).


Wat leer die Koronavirus ons?


Hoe moet ons as Christene op die krisis reageer? Antwoord: met geloof en nie vrees nie. Hier is ‘n paar dinge wat ons moet leer of weer leer.

1. Ons kwesbaarheid

Die globule krisis leer vir ons hoe swak ons as mense is. Ons prober ons uiterste om die verspreiding van die virus te beperk.

Dit herinner ons aan Psalm 103:15 – 16: Die mens, sy lewensduur is soos dié van gras, soos dié van ‘n veldblom wat oopgaan; as die woestynwind daaroor waai, is dit weg en sy plek vir altyd leeg. Dit leer ons dat ons lewens op aarde nie sommer as vanselfsprekend aanvaar kan word nie. Leer ons ons dae so gebruik dat ons wysheid bekom (Psalm 90:12).

2. Ons gelykheid

Die virus respekteer nie etiese of nasionale grense nie. Dit is nie ‘n Chinese virus nie. Ons kry die virus in ten minste 77 lande. Ons is almal deel van die groot menslike familie op aarde gemaak na die beeld van God (Genesis 1:17). Die kleur van ons vel, die taal wat ons praat, ons aksent en ons kultuur tel vir niks nie. In die oë van die wêreld verskil ons almal; in die oë van die virus is ons almal eenders.

In ons lyding, in ons pyn by die afsterwe van ‘n geliefde is ons almal gelyk – swak en sonder antwoorde.

3. Ons verlies aan beheer

Ons almal hou daarvan om in beheer te wees. Ons sien onsself as bepalers van ons eie bestemming. Natuurlik is daar deel van ons lewens wat ons kan beheer. Miskien is dit ‘n illusie – die Koronavirus het die seepbel gebars. Die werklikheid is dat ons nie eintlik in beheer is nie. Ons het ons sproeimiddels en probeer so die risiko van infeksie verminder. Maar is ons werklik in beheer van die situasie? Skaars.

4. Die pyn wat ons voel as gevolg van uitsluiting

As ons in aanraking met ‘n moontlike geval van infeksie was word ons uitgesluit. Die ding wat sulke mense seermaak, is die manier waarop familie en vriende hulle hanteer. Om uitgesluit en geïsoleer te word, is nie ‘n maklike ding nie. Dit is ‘n situasie wat die melaatses in Jesus se tyd ervaar het. Hulle moes uitroep Onrein! Onrein! (Levitikus 13:45) waar hulle ook al geloop het. Die mens leef in gemeenskappe en daarom aanvaar hy isolasie as iets onnatuurlik

5. Die verskil tussen geloof en vrees

Hoe reageer ons op die krisis? Dit is maklik om te vrees. Ons sien die virus oral: op my rekenaar, in die lug wat ek inasem, in die koerant. Die virus wag net om my te infekteer. Miskien daag die krisis ons uit om anders te reageer- met geloof en nie met vrees nie. Geloof in Jesus Christus – die opstanding en die lewe.

Jesus is tog in beheer van die situasie; Hy kan ons deur hierdie storm lei. Hy roep ons om te vertrou en te glo, nie bang te wees nie.

6. Ons behoefte aan God en ons behoefte om te bid

Midde in die globale krisis hoe kan ons as individue ‘n verskil maak? Ons voel so klein en onbeduidend. Daar is iets wat ons kan doen – ons kan na God die Vader uitroep. Bid vir ons owerhede; bid vir die mediese spanne wat die siekes hanteer; bid vir die mense wat geïnfekteer is; bid vir die mense wat te bang is om hulle huise te verlaat; bid vir die risiko-pasiënte soos bejaardes. Bid dat die Here ons sal beskerm en vashou.

7. Die nietigheid van so baie van ons lewens

Alles kom tot niks, sê die Prediker. Tot niks (Prediker 1:2). Dit is so maklik om perspektief in die gewoel van ons lewens te verloor. Ons dae is gevul met mense en projekte, wenslyste, ons huis en vakansies.. Ons sukkel om die belangrike en dringende sake te onderskei. Miskien wys die krisis vir ons wat werklik belangrik is in ons lewens. Miskien help die krisis om tussen die betekenisvolle en die betekenislose te onderskei. Miskien is die rugby, die nuwe kamer wat ek wil aanbou en die boodskap op Instagram nie noodsaaklik vir my oorlewing nie

8. Ons hoop

Die belangrikste vraag is nie: “Watter hoop het ons in hierdie krisis?” nie. Jesus het ons gewaarsku teen ‘n dodelike en wydverspreide virus. Dit infekteer elke man, vrou en kind. Die eindgevolg is die ewige dood. Ons leef in die greep van hierdie virus. Dit is die pandemie van sonde. Watter hoop het ons as ons aan hierdie pandemie dink?

Die verhaal van die Bybel is die storie van God wat hierdie geïnfekteerde wêreld betree het. Hy het tussen siek mense geleef en dieselfde lug ingeasem wat ons inasem. Hy sterf in isolasie oënskynlik ver van sy mense. Dit alles om ‘n teenmiddel aan die siek wêreld te voorsien. Hierdie teenmiddel sal ons genees en aan ons die ewige lewe gee. Luister na Jesus se woorde aan Marta nadat haar broer Lasarus gesterf het: Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe al sterwe hy ook; en elkeen wat lewe en in My glo, sal in alle ewigheid nooit sterwe nie. Glo jy dit? (Johannes 11:25 – 26).


Lei in moeilike tye


As jy ‘n leier is, sal jy voor onstuimige tye te staan kom. Soms is die onstuimigheid so intens dat leierskap vir jou onmoontlik voel.

Koning Dawid het baie onstuimige tye beleef. Toe koning Saul gesterf het, het Israel se toekoms maar moeilik gelyk. In Kronieke 12 lees ons van baie groepe wat na vore gekom het om Dawid te help om die oorgang te maak. Een besondere groep word beskryf – die Issaskarstam. Wat lees ons van hulle?

· Die mense wat die tekens van die tye verstaan het en geweet het wat Israel te doen staan; 200 hoofmanne en hulle stamgenote onder hulle bevel … (vers 32); en

· Al hierdie krygsmanne het saamgestaan en met volle oorgawe na Hebron toe gekom om Dawid koning oor die hele Israel te maak (vers 38).

·

Hierdie groep modelleer wat elke leier in onstuimige tye moet doen:

· Hulle het die tye verstaan – hulle het die werklikheid akkuraat waargeneem;

· Hulle het geweet wat om te doen – die stappe wat hulle moes neem;

· Hulle was vasbeslote om Dawid koning te maak – hulle passie het hulle voorwaarts gedryf.

Uit hulle optrede kan ons vier noodsaaklike riglyne vir leierskap in onstuimige tye leer:

· Definieer die werklikheid duidelik;

· Skep ‘n visie ten opsigte van die probleem;

· Ontwikkel ‘n samehangende, praktiese strategie; en

· Implementeer jou strategie met passie en moed.

Edwin H. Friedman [A Failure of Nerve] gee ‘n lys van agt beginsels wat leiers moet doen as hulle voor ‘n krisis te staan kom.

1. Moenie dat die krisis die as word waaromheen jou wêreld draai nie;

2. Kry ‘n ondersteuningsisteem – beraders en ander kerkleiers - buite jou gemeente;

3. Bly gefokus op jou langtermyn doelwitte;

4. Beoefen geestelike dissiplines;

5. Luister na jou liggaam;

6. Behou ‘n sin vir humor;

7. Werk die balans tussen vir jouself verantwoordelik wees en om as moeilik en selfgesentreed gesien te word, uit; en

8. Dit is tyd om ‘n besluit te neem as dieselfde vraag geen nuwe inligting na vore bring nie.

Comments


bottom of page