Lees dit, leef dit!
top of page

Lees dit, leef dit!


Het jy geweet meer as ’n derde van al die Psalms is klaagpsalms. In hierdie psalms bekla die psalmdigters hulle lot, asook dié van hulle volk. Vyande bedreig hulle. Aanvanklik voel dit nie of God enigiets hieraan gaan doen nie, maar dan breek Sy lig en redding deur. Daarom eindig  sulke klaagpsalms gewoonlik met woorde van dank aan God. Of met ’n bevestiging van geloof in Hom, soos wat gebeur in Psalm 3 tot Psalm 7.


Lofpsalms maak ook ’n groot deel uit van die Psalms. God word hier as die Skepper (Psalm 29, 104, 148)geprys. En as die Here van die geskiedenis (Psalm  33, 103, 112, 117) en die Redder van Israel (Psalm 66, 100, 111). Daar is ook dankseggingpsalms, waar God vir gebedsverhorings en uitkoms gedank word (Psalm 18, 34, 40). Te midde van al die verskillende  psalms, wat jy in die Psalmboek aantref, is daar minstens ’n paar psalms, wat jou eie geloofversugtinge, asook jou dank en lof aan die Here verwoord. Lees die Psalms gereeld. Oordink dit. Bid dit agterna. Laat dit uitdrukking aan jou eie verlange na God, asook aan jou dankbaarheid teenoor Hom, gee. Dan sal jy nooit die pad byster raak nie. Dan sal die Here se lig jou lewenspad verlig.

bottom of page