Leef regop
top of page

Leef regop


“Staan regop.” Dit het ek al baie kere in my lewe gehoor. Van die skool tot in die weermag is ek aangesê om regop te staan. Dalk is dit hoekom slordige liggaamshoudings steeds nie vir my reg lyk nie. Ten minste is dit ook nie gesond nie. Die slim ouens sê vir ons die regte postuur of liggaamshouding verminder skete soos rugpyn, kopseer en ander probleme. ’n Goeie postuur weerspieël egter ook iets van ons elkeen se innerlike ingesteldheid in die lewe. Hangskouers en skuifelende voete is dikwels sinoniem met moedeloosheid. Kop-onderstebo-houdings vertel weer van harde stampe, wat die lewe uitgedeel het, of van selfvertroue, wat daarmee heen is.


Om die regte postuur te hê, is nie net gesond vir jou liggaam nie, maar ook vir jou gees. Al stamp die lewe jou rond, moet jy weier dat jou gees en jou liggaam dit glo. Jy moet altyd weet jy is ’n lewende tempel van God. Dit geld nie net vir jou innerlike mens nie, maar ook wat jou liggaam betref, soos wat Paulus leer in 1 Korintiërs 6:18-20. Jy is die Here se eiendom. Na liggaam en siel is jy Syne. Daarom leef jy regop.

© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page