Om jouself te gee
top of page

Om jouself te gee


Markus 12:41 - 44 vertel van ’n weduwee, wat twee klein muntstukkies in die tempel se skatkis gegooi het. Hierdie muntstukke se waarde was gelyk aan die betaling vir twaalf minute se werk in die Bybelse tyd. Hierdie twee munte was sekerlik daardie weduwee se laaste geld. Tussen al die ander groot muntstukke, wat klonk-klonk in die skatkis beland het, het haar klein bydrae geruisloos daar beland. Maar Jesus het dit raakgesien. Toe fokus Hy Sy dissipels se aandag op hierdie vrou. Hy het vir hulle vertel sy het baie meer as die res gegee. Al die ander mense het ’n klein bietjie vanuit hulle oorvloed gegee. Hierdie vrou het egter uit haar klein bietjie baie gegee. Nee, sy het alles gegee. Die mooiste van alles: sy wou niks terughê nie. Sy het haarself en haar laaste geldjies onvoorwaardelik aan die Here gegee.


Baie mens bid net om iets by God te kry. Hulle meen godsdiens is een of ander ruiltransaksie met die Here. Hulle gee om te ontvang. Hierdie arm weduwee het nie saamgestem nie. Sy het haarself en haar bydrae sonder enige voorwaardes in die Here se offergawekis geplaas. Jesus het dit raakgesien. Hy sien dit steeds raak as ons onsself onvoorwaardelik opoffer in Sy diens opoffer.

bottom of page