Kersfees gaan oor meer as “seisoenwense”
top of page

Kersfees gaan oor meer as “seisoenwense”


Seasons Greetings - hierdie woorde is tans in elke winkel te sien en te hoor. Kerksfeeskaartjies en e-posboodskappe basuin dit ook uit. Kersfees gaan oor vreugde en vrolikheid. Wat ookal mense se redes vir vreugde in hierdie dae is, ons as navolgers van Jesus vind ons feesvreugde in Hom. Ons fokus vanjaar opnuut op Jesus as die inhoud van ons soort Kersfees.


In hierdie dae kuier ons as vriende en families vrolik saam. Ons weet egter ook dat Jesus die eregas by elke fees is. Ons verwelkom Hom aan ons tafel, in al ons gebede, al ons gesprekke en al ons musiek. In hierdie dae herinner ons onsself aan die rede vir Sy koms. Ons weet dat Jesus self dit in ’n geseënde Kersfees vir ons verander. Die woorde van die engel in Lukas 2:10-11 eggo daarom opnuut weer in ons ore: “Moenie bang wees nie, want ek bring vir julle ’n goeie boodskap, wat mense die wêreld deur sommer baie bly gaan maak. Die Redder is vandag vir julle in die stad van Dawid gebore. Hy is Christus, die Here.”

bottom of page