Bemeester die regte ritme van vergeet en onthou
top of page

Bemeester die regte ritme van vergeet en onthou


Ons vergeet maklik. Ons onthou moeilik. Dit voel altans die meeste van die so. Maar om te vergeet, is nie altyd so sleg nie. Trouens, ons moet juis leer om verkeerde dinge te vergeet en om wat reg is, te onthou. Om ons hiermee te help, het ons kop ‘n ingeboude use it or lose it-stelsel. Wanneer ons aanhoudend dieselfde dinge dink en ervaar, dan vorm dit sekere neurologiese hoofpaaie in ons kop. Aan die ander kant, wanneer ons ophou om sulke gedagteroetes te volg, dan atrofeer of verweer daardie neurologiese roetes algaande.


Tereg skryf Paulus in Efesiërs 4:17-23 dat ons nooit in destruktiewe gedagtes vasgevang moet raak nie. Ons mag nie soos mense dink wat ver van God af leef nie. Hulle koppe is vol nuttelose gemors, sê Paulus. Ons as gelowiges mag nie met sulke koppe opgeskeep sit, wat propvol nuttelose gedagtes en emosies is nie. Ons moet God-verheerlikende gedagtes voorrang gee. Dit sal maak dat ons onthou wat ons moet onthou - die Here se goedheid! Dit sal help dat ons al hoe beter onthou om die Here en ander mense lief te hê. Dan vergeet ons in dieselfde asem ook al hoe meer om gratis verblyfreg aan vernietigende gedagtes te gee.

bottom of page