Jesus nooi ons in sy verhaal in, nie andersom nie
top of page

Jesus nooi ons in sy verhaal in, nie andersom nie


Mense nooi graag vir Jesus in hulle lewe in, maar dit gebeur eintlik presies andersom. Jesus nooi ons in Sy eie verhaal in. Dit is nie ons, wat op ’n goeie dag besluit om die Here in ons lewe toe te laat nie. Dit is nie ons,wat so oulik of so goed is om te besluit ons is nou gereed om ons hart vir Hom te gee, of om ’n paar veranderinge in ons lewens aan te bring nie. As dit waar sou wees dat die Here op ons moet wag om die eerste skuif te maak, dan is die Here eintlik ons gevangene. Dan is Hy magteloos om enigiets vir ons te doen totdat ons vir Hom toestemming gee. Of totdat ons Hom innooi of uitnooi na ons lewe toe. Soos reeds gesê, dit gebeur presies andersom. Jesus nooi ons na Hom toe. Hy nooi ons in Sy verhaal in. Dit is Christus, wat ons deel maak van Sy groter en ruimer verhaal. Hoor net hoe beskryf Paulus God se ingrype in ons lewens in Efesiërs 2: 3 - 5 (Nuwe Nuwe Testament Vertaling):


3) “Eens op ’n tyd het ons almal op so ’n sondige manier geleef. Ons het al daardie verkeerde begeertes uitgeleef wat deel was van ons sondige bestaan. Ons het vieslike dinge aangevang en bose dinge uitgedink. Ons was uitverkoop aan sonde. God se oordeel het op ons gewag, net soos met al die ander mense, wat steeds so leef. 4) Maar God is skatryk in ontferming en in omgee. Hy het dit in oorvloed met ons gedeel. Hy het ons lief gehad met ’n liefde, wat absoluut geen grense ken nie. 5) Ons was dood in Sy oë as gevolg van al ons oortredings. Maar Hy het ons lewendig gemaak saam met Christus. Ons het saam met Hom uit die graf opgestaan. Hoor hier: Julle is uit genade gered, verniet en onverdiend!”


Jesus se woorde aan ons elkeen is: “Volg My.” As Hy ons roep, roep Hy ons om Hom te volg op Sy terme. Dan word Sy evangelie die nuwe hoofverhaal van ons lewe. Ons leef hieruit. Ons leef hierbinne. Ons eie lewenstekste word van dan af geskryf en herskryf in terme van Jesus se woorde en dade. Hy word ons rolmodel van liefde, opoffering en daar wees. Jesus is ons lewe.

© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page