Hoekom skrik jy vir Kersfees?
top of page

Hoekom skrik jy vir Kersfees?


Stephan Joubert vra in sy nuutste Goeie Nuus nuusbrief "Hoekom skrik jy vir Kersfees?"
Hoekom skrik jy vir Kersfees?

Ek is gekant teen kersbome en Kersfeesgeskenke,” sê iemand. “Hoekom?” vra ek verbaas. “Kersfees is heidens,” sê sy.


“Regtig?” waag ek dit. “Baie Christene het dit dan deur die eeue verchristelik. Hulle het daardie einste fees, wat rondom 25 Desember ter ere van die songod in die Romeinse Ryk gevier is, omgeskakel in ’n fees ter viering van die koms van Christus,” verduidelik ek.


“Ja, maar dit is steeds heidens,” waag sy.


“Nee wag, ons elkeen gee tog betekenis en inhoud aan ons lewe. Ons is nie lewenslange gevangenes van iets, net omdat dit oorspronklik ’n ander betekenis gehad het nie. Hoe kan iets dan “heidens” wees, as ons as Christene doelbewus kies om dit met die regte Bybelse inhoude te vul? Ons vier tog Kersfees tot Jesus se se eer. Ons geskenke vertel sy verhale en ons manier van feesviering ook.”


“Ja, maar wat van ons getuienis?” vra sy.


“Ons getuienis is juis dat ons nie maar net teen alles is en almal veroordeel, wat nie soos ons dink nie, maar dat ons Jesus dien deur ook reg fees te vier tot Sy eer in hierdie dae.”

bottom of page