Hoe meer jy wil hê, hoe meer is jy ’n slagoffer van jou besittings
top of page

Hoe meer jy wil hê, hoe meer is jy ’n slagoffer van jou besittings


Prediker 5:9-14 deel agt lesse oor die goor gevolge van ‘n eindelose najaag van besittings. Nee, die Prediker is glad nie gekant teen geld of rykdom nie. Alles behalwe. Hyself was welvarend, maar hy weet hoe gevaarlik dit is wanneer geld ons baas word. Dan verander ons in lewenslange slawe hiervan. Daarom leer hy in Prediker 5 vir ons hoe om reg met besittings om te gaan sodat dit ons nie besit nie:


VERS 9a: “Die mens vir wie geld alles is, het nooit genoeg geld nie.

Les 1: Hoe meer jy het, hoe meer wil jy hê.

VERS 9b: “Die mens vir wie rykdom alles is, kry nooit genoeg in nie.”

Les 2: Hoe meer jy het, hoe minder tevrede is jy.

VERS 10a: “As die goeie dinge van die lewe baie word, word die eters ook baie.”

Les 3: Hoe meer jy het, hoe meer wil ander daarin deel.

VERS 10b: “Al wat die eienaar daaraan het, is om dit te aanskou.”

Les 4: Hoe meer jy het, hoe meer besef jy dit help jou nie genoeg nie.

VERS 11: “Die slaap van die arbeider is soet, of hy min eet of baie, maar die oorvloed van die ryke laat hom onrustig slaap.”

Les 5: Hoe meer jy het, hoe meer het jy om jou oor te bekommer.

VERS 12: “Ek het in hierdie wêreld 'n bitter swaar ding gesien: dat 'n man rykdom opgaar en dat dit vir hom ellende bring.”

Les 6: Hoe meer jy vasklou aan geld, hoe groter is die skade wat dit aan jou menswees aanrig.

VERS 13: “Hy doen verkeerd sake en verloor die rykdom. Hy het intussen die pa van 'n seun geword en dié kry niks nie.”

Les 7: Hoe meer jy het, hoe meer kan jy verloor.

VERS l4: “Self gaan hy kaal uit die wêreld soos hy daarin gekom het. Hy kan niks met hom saamneem nie.”

Les 8: Jy kan niks saamvat as jy die dag sterf nie.

bottom of page