Groter as die son
top of page

Groter as die son


Lees Job 38:5


Elke keer as ek saam met sy kneg Job daar vanaf Job 38 stilstaan by God se besigtingstoer, dan staan ek van vooraf verstom - dit vertel oor en oor hoe groot God is. Met Sy eie hand het Hy die aarde kunstig aanmekaar gesit. Die drie-enige God se almag en Sy liefde skitter soos die son in al Sy handewerke. Van die son gepraat - net om hierdie reuse ster in aansyn te roep, was ‘n fenomenale wonderwerk. Die son is ‘n massiewe 1,6 miljoen myl in deursnee. Al is dit amper 149 miljoen kilometer van die aarde af, sorg dit dat alle lewe, soos wat ons dit hier op aarde ken, kan voortbestaan. Die son produseer in 1 sekonde meer enregie, as wat nog ooit in die geskiedenis van die aarde deur mense verbruik is. God, die Almagtige, is die oorsaak van dit alles. Maar Hy is ook bekend as ‘n genadige Vader, wat in Christus sommer baie naby aan elkeen, wat Hom aanroep, is, ook as die Een, wat die Gees oor ons almal uitgegiet het.


Dit is wonderlik om te dink dat die Gees, wat in ons elkeen woon en werk, ook by die skepping van die wêreld teenwoordig was. Sy groot krag, wat Hy reeds daar ten toon gestel het, is nou ook in en onder ons aanwesig. Daarom kan ons sing en dans oor die Gees, wat Skepper en Herskepper tegelyk is.


Gebed:

Ons jubel en sing oor U, o Skepper Gees wat in die skepping en ook in u skepsels werk. Amen

bottom of page