God hou van useless mense
top of page

God hou van useless mense


Nadat die oorsese ontwerper, Philippe Starck, een aand in ’n restaurant gesukkel het om suurlemoensap oor sy vis uit te druk, het hy besluit om ’n suurlemoenversapper te ontwerp. Hy het ’n skets op ’n servet in die vorm van ’n traandruppel met drie bene gemaak. Dit is die Juicy Salif gedoop. Hierdie ontwerp was dadelik ’n dawerende sukses, self al het dit nie te goed gewerk nie! Die servet met die skets het in die Alessi Museum in Milan opgeeïndig. Juice Salifs het in Amerikaanse kunsmuseums beland, en wetenskapfiksiefilms het dit as ‘n model vir hulle ruimteskepe begin gebruik.


Tegnies is die Juicy Salif is ’n useless sukses. Selfs Starck moes erken: “It’s not meant to squeeze lemons, it is meant to start conversations.” Net dalk werk genade ook so. Nee, wag, dit doen! God hou van useless mense wat disfunksioneel en verlore geraak het. Hy hou van mense, wat nie ewe veel van Hom hou nie. Daarom het Jesus ons kom opsoek. Hy dra elkeen, wat Sy genadehand vasgryp eiehandig terug na Sy Vader se huis. In Sefanja 3:17 se woorde is God nou stil tevrede oor ons. Ons bring groot vreugde vir Hom. In 2 Korintiërs 3:18 se woorde verander Hy ons al hoe meer om Sy glorie uit te straal. God weier dat daardie twee woorde, waarvan die woord useless afstam, naamlik use en less, van ons waar is. Hy self verklaar ons tot useful vir Homself. Hy self maak ons bruikbaar in Sy diens.

bottom of page