Geskenkuitdeler
top of page

Geskenkuitdeler

Lees gerus Stephan Joubert se nuutste Heilige Gees artikel "Geskenkuitdeler"
Geskenkuitdeler

As deel van die Heilige Gees se “liggaamsbouprogram” om Sy kerk uit die intensiewe eenheid te kry, deel Hy geskenke aan ons uit, soos wat Paulus in 1 Korintiërs 12:1 - 11 vertel. Paulus noem hierdie geskenke genadegawes (“charismata” in Grieks). Elke Christen ontvang minstens een gawe by die Here. Nou ja, net ter wille van duidelikheid: Gawes is al ons talente wat ons tot God se eer en tot ander se voordeel gebruik. ‘n Gawe is daardie spesiale toerusting, wat die Here aan ons elkeen gee met die een en uitsluitlike doel om Sy Naam te eer en ander mense te dien en geestelik op te bou. Gawes gaan nie oor onsself nie. Dis juis Paulus se probleem met die Korintiese gelowiges. Hulle gebruik hulle gawes om die soeklig op hulleself te hou. Dis teen die grein van alles, waaroor die Gees se werk handel.


Die Gees is ‘n liggaamsbouer. Hy wil ons sterk ledemate maak van Jesus se aardse liggaam. Om hierin te slaag, deel Hy verskillende geskenke aan Christene uit om mekaar mee te dien. Gawes is fokusverskuiwers. Dit skuif die aandag altyd weg van die ontvangers self na ander gelowiges en na die Here toe. As mense die Here se geskenke misbruik, dan raak die liggaam van Christus dodelik siek. Gawes is juis deur die Gees gegee om die liggaam van Christus gesond te hou. Doen jy dit met jou Geestesgawes?


Gebed:

Heer Jesus, dankie vir die gawes wat U deur U Gees aan my gegee het. Leer my om dit reg te gebruik. Amen

bottom of page