‘n Gemeente in die intensiewe eenheid
top of page

‘n Gemeente in die intensiewe eenheid


Hoe lyk ‘n gemeente in die intensiewe eenheid?
‘n Gemeente in die intensiewe eenheid

Daar het ’n vreemde ding in Korinte gebeur. ‘n Klompie snaakse liggame het skielik hul opwagting daar gemaak. Wat ‘n vreemde gesig was dit nie: ‘n spul oë op ‘n hoop; dan weer ‘n klomp neuse, ore, wysvingers - noem maar op. Die skokkendste van alles was dat hierdie vreemde lywe in die kerk te siene was. Wat was die rede hiervoor? Wel, sommige gemeentelede het begin dink hulle is die belangrikste. Daarom moes al die aandag op hulleself val - op al hulle indrukwekkende gawes en die groot dinge wat hulle vir die Here doen. Die soeklig het weg van God verskuif na gelowiges toe, wat hulleself as “sterre” in die kerk begin sien het. Op die ou end het dit tot ’n verskeurde kerk in Korinte gelei; tot ’n liggaam wat in duisende stukke geskeur is, met al die ledemate op verskillende hopies. En elke hopie het boonop gedink hulle is die belangrikste.


Paulus het met skok kennis geneem van hierdie situasie in die Korintiërgemeente. Dadelik het Hy vir die klomp selfsugtige Christene op die werk van die Gees gewys. Veral in 1 Korintiërs 12 - 14 stel hy Hom aan hulle voor as Goddelike “Liggaamsbouer”. Hy is die Een wat volgens Paulus daarin spesialiseer om liggame, wat in die intensiewe eenheid lê, gesond te maak en van voor af aanmekaar te sit. Kom ons laat Hom toe om ons vandag ook gesond én een te maak.


Gebed:

Genees U siek liggaam hier op aarde deur U Gees, o Heer. Amen.

bottom of page